HTS Volume 66, Number 3 (2010)

Permanent URI for this collectionhttp://hdl.handle.net/2263/49252

Browse

Recent Submissions

Now showing 1 - 14 of 14
  • Item
    Rasionalisasie en optimalisering 1988–1997
    (OpenJournals Publishing, 2010-08) Oberholzer, J.P.
    Rasionalisasie en Optimalisering 1988–1997 : Ontwikkelings op onderwysgebied en finansiële druk bring streng eise en lei tot ‘n intensiewe herstruktureing oor die hele spektrum. Personeelvermindering, hervorming van onderrigmetodes en die eis van uitnemendheid intensifiseer die akademiese bedryf.
  • Item
    Terug by een ekumeniese fakulteit 1998–2009
    (OpenJournals Publishing, 2010-09) Oberholzer, J.P.
    Terug by een ekumeniese fakulteit 1998–2009 : Na versigtige onderhandeling en migrasie word die twee fakulteits afdelings opgehef en beweeg dit na ‘n veelkerklike struktuur.
  • Item
    Groei, vooruitskouing, terugskouing 1981–1987
    (OpenJournals Publishing, 2010-09) Oberholzer, J.P.
    Groei, vooruitskouing, terugskouing 1981–1987 : Uitbreiding van die personeel deur die toevoeging van mede-professore, vestiging van die Departement Bybelkunde, verskyning van die Nuwe Bybelvertaling waarin die Fakulteit ‘n belangrike bydrae gemaak het, Kerk en Wêreld 2000. Die Witfontein fees.
  • Item
    Aanloop 1909–1916
    (OpenJournals Publishing, 2010-09) Oberholzer, J.P.
    Die aanloop 1909–1916 Na sporadiese bespreking en gedagtevorming oor die jare 1884−1908, begin die moontlikheid van ‘n eie opleiding van predikante vir die Nederduitsch Hervormde Kerk vorm kry. Gebrekkige onderwysfasiliteite in die Zuid-Afrikaansche Republiek, die Engelse Oorlog en die armoede van lidmate van die Kerk ná die oorlog strem die proses. Danksy veral die figure A.D.W. Wolmarans, Jac van Belkun en H.C.M. Fourie kom daar uiteindelik koers.
  • Item
    Klein begin 1916−1933
    (OpenJournals Publishing, 2010-09) Oberholzer, J.P.
    Die Klein Begin 1916−1933 : Die opleiding neem ‘n aanvang met een kerklike dosent, J.H.J.A. Greyventein, en ‘n aantal universiteitsdosente. Die studentetal groei stadig. Die vertrek van professor Paterson en die koms van S.P. Engelbrecht in 1921 bring ‘n belangrike wending. Wanneer B. Gemser in 1926 toetree, is daar drie dosente wat tegelyk ampsdraers van die Nederduitsch Hervormde Kerk is. Gemser is dosent in Teologie sowel as in Lettere en Wysbegeerte waar hy begin met die vestiging van ‘n sterk departement Semitiese Tale. Engelbrecht se kundigheid omvat Kerkgeskiedenis sowel as ‘n unieke kennis van die Voortrekker- en ou Tansvaalse geskiedenis en dit kom die Departement Geskiedenis ten goede. Die akademiese gehalte van die opleiding neem toe, en so ook die studentetal. ‘n Bedreiging vir die voortbestaan van die Fakulteit teologie is afgeweer deur die tydige optrede van S.P. Engelbrecht en die tussenkoms van die Eerste Minister. Die selfstandigwording van die Universiteit van Pretoria en die Afrikaanswording van die Universiteit bring ‘n veranderde konteks
  • Item
    Twee afdelings van een fakulteit 1934−1940
    (OpenJournals Publishing, 2010-09) Oberholzer, J.P.
    Twee afdelings van een fakulteit 1934−1940 : Die Universiteit benoem op voordrag van die Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk vir dominee G.M. Pellisier in die pos Godsdienswetenskap wat deur die bedanking van professor Macmillan vakant gelaat is. Dit word die begin van ‘n ontwikkeling van twee feitlik selfstandige afdelings binne die Fakulteit Teologie. Die toetrede van H.P. Wolmarans as vierde dosent vanweë die Nederduitsch Hervormde Kerk bring nuwe teologiese aksente. Die verhouding tussen die Nederduitsch Hervormde Kerk en die Universiteit kry beslag in ‘n skriftelike kontrak. In 1937 word dit gevolg deur ‘n tweede kontrak waarin die ruimte geskep word vir die bestaan van twee fakulteitsafdelings. Vanaf 1938 funksioneer die twee afdelings naas mekaar met gelykluidende kontrakte. Hierdie kroniek volg dan verder die gang van Afdeling A, die afdeling beman deur ampsdraers van die Nederduitsch Hervormde Kerk. Die benoeming as lektore van A. van Selms in 1938 en C.H. Rautenbach in 1939 verhoog die akademiese kwaliteit van die afdeling verder.
  • Item
    Interne spanning en stryd 1941−1953
    (OpenJournals Publishing, 2010-09) Oberholzer, J.P.
    Interne spanning en stryd 1941−1953 : Rondom die opvolging van J.H.J.A. Greyvenstein ontstaan ernstige verskil. Pogings om hom te kontinueer na bereiking van die aftree-leeftyd, slaag nie. Die benoeming van ‘n opvolger in die persoon van A.S. Geyser geskied onder spanningsvolle omstandighede. Pogings om doktor W. Nicol, moderator van die Nederduitsch Hervormende of Gereformeerde Kerk, as rektor te benoem, word uit die Hervormde Kerk teengestaan en uiteindelik deur die Minister van Onderwys geveto. ‘n Vyfde leerstoel word in die Fakulteit Teologie gevestig, naamlik Dogmatiek en Christelike Etiek. Professor B.J. Engelbrecht word in die leerstoel benoem.
  • Item
    Politieke spanning en ekumeniese druk 1954–1960
    (OpenJournals Publishing, 2010-09) Oberholzer, J.P.
    Politieke spanning en ekumeniese druk 1954–1960 : Die vak Bybelkunde maak sy verskyning. Die emeritaat van Gemser, S.P. Engelbrecht en H.P. Wolmarans en die toetrede van E.S. Mulder, A.D. Pont en F.J. van Zyl tot Afdeling A bring ‘n radikale verandering. Ekumeniese druk begin oplaai rondom die landspolitiek. Die Cottesloe-konferensie bring beroering. Die houding van A.S. Geyser en A. van Selms wek weerstand.
  • Item
    Ekumeniese isolasie en interne stryd 1961–1970
    (OpenJournals Publishing, 2010-09) Oberholzer, J.P.
    Ekumeniese isolasie en interne stryd 1961–1970 : Die stryd om die beperking van lidmaatskap van die Nederduitsch Hervormde Kerk tot blanke persone (Artikel III) lewer die agtergrond van gebeure. Die Geyser-saak en daarna die Pont-saak neem die sentrale plek in. Die sesde leerstoel kry beslag en die toetrede van S.P.J.J. van Rensburg en J.P. Oberholzer tot die Fakulteit lei tot die derde geslag in die Departemente Ou Testamentiese Wetenskap en Nuwe Testamentiese Wetenskap.
  • Item
    Evaluering en selfinterpretasie 1971‒1980
    (OpenJournals Publishing, 2010-09) Oberholzer, J.P.
    Evaluering en selfinterptetasie 1971‒1980 : Personeelwisseling bring nuwe rolspelers. Terugskouing lei na evaluering van teologiese rigting. Politieke hoogspanning gaan nie by kerk en fakulteit verby nie. Die ontstaan van die Kerklike Instituut vir Toerusting van Ampsdraers en Lidmate bring ‘n waardevolle toevoeging.
  • Item
    Samesteller se voorwoord
    (OpenJournals Publishing, 2010-09) Oberholzer, J.P.
    Die opdrag om ‘n oorsig te skryf van die honderd jaar waarin die Kuratorium vir die Teologiese Opleiding van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika sy opgelegde taak probeer uitvoer het, het vereis dat ‘n bepaalde minimum literatuur in ag geneem moes word.
  • Item
    Voorwoord deur die voorsitter van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika
    (OpenJournals Publishing, 2010-09) Dreyer, T.F.J. (Theunis Frederik Jacobus), 1946-
    Die outeur, professor J.P. Oberholzer, kies om sy oorsig oor die honderdjarige bestaan van die Kuratorium vir Teologiese opleiding as ‘n kroniek te bestempel. ‘n Kroniek is ‘n verhaal van gedenkwaardige gebeurtenisse wat chronologies gerangskik word (vergelyk die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal). In hierdie kroniek is die belangrike gebeurtenisse in die verloop van honderd jaar inderdaad aan die hand van notules en dokumente noukeurig nagevors en chronologies neergepen.
  • Item
    Voorwoord deur die voorsitter van die Kuratorium vir Teologiese Opleiding’, in ‘honderd jaar kerk en teologiese opleiding : ‘n kroniek van die Hervormde Kerk
    (OpenJournals Publishing, 2010-09) Otto, Johan
    Dit is ‘n besondere voorreg om die eerste 100 jaar van die teologiese opleiding van die Nederduitsch Hervormde Kerk op ‘n gepaste wyse met hierdie publikasie te gedenk. Min van die gekiedenis was behoorlik geboekstaaf of selfs bekend en ons is dankbaar dat professor J.P. Oberholzer gewillig was om die taak op hom te neem. Soos die bronne ontsluit is, het die projek gegroei. Wat aanvanklik bedoel was as ‘n koffietafelboek, het gegroei tot ‘n volwaardige stuk geskiedskrywing.
  • Item
    Voorwoord deur die voorsitter van die Hervormde dosentevergadering, in ‘honderd jaar kerk en teologiese opleiding : ‘n kroniek van die Hervormde Kerk
    (OpenJournals Publishing, 2010-09) Van Eck, Ernest
    Met die publikasie, Honderd jaar kerk en teologiese opleiding: ‘n Kroniek, word die 100-jarige bestaan van die Kuratorium vir Teologiese Opleiding van die Nederduitsch Hervormde Kerk gevier. Dit gaan egter oor veel meer as net die handelinge van die Kuratorium die afgelope 100 jaar. Die aard van die teologiese nadenke van die Kerk en verwante gesprekke tydens en besluite van verskeie Algemene Kerkvergaderings vorm ook deel van die verhaal.