Abstract:
Een van die aktuele navorsingsterreine in die hedendaagse Literatuurwetenskap
is die aard, funksie, plek en legitimiteit van literere kanons
en die meganismes wat werksaam is by die totstandkoming daarvan.
Wat die VSA betref, skryf Rainey (1991: 99) byvoorbeeld dat toekomstige
historici mag besluit om die kulturele lewe van die tagtigerjare te beskryf
as "'the decade of the canon-debate'." Ook in die bestudering van die
Afrikaanse en Suid-Afrikaanse literatuursisteem is dit van groot belang,
onder meer omdat daar allerlei veranderings op politieke, sosiale,
ekonomiese en opvoedkundige terrein plaasvind en vrae oor die
relevansie van kanons meermale in sulke krisissituasies gestel word
(kyk Fokkema (1985/6) se siening waarna daar later verwys word).
Daarom is wye en diepgaande ondersoek op hierdie terrein nodig1,
uiteraard met die volgende opmerkings van Fokkema (1993: 21) in
gedagte:
"... a distinction must be made between, on the one hand, the empirical question of
how to establish what, under certain conditions, a particular canon consists of, and
on the other, the normative question of which texts should be part of the canon".
In hierdie artikel word aandag gegee aan enkele belangrike opvattings,
verskynsels, teoretiese uitgangspunte en raamwerke.
Description:
Article digitised using: Suprascan 1000 RGB scanner, scanned at 400 dpi; 24-bit colour; 100%
Image derivating - Software used:
Adobe Photoshop CS3 - Image levels, crop, deskew
Abbyy Fine Reader No.9 - Image manipulation + OCR
Adobe Acrobat 9 (PDF)