Binne die konteks van die algemeen aanvaarde stelling dat die woordeskat van die twee naverwante tale Nederlands en Afrikaans vir meer as 90 persent ooreenstem, word daar in hierdie artikel gekyk na 'n Nederlandse woordeskattoets (die Dubbele pregnante contextniveautest van Beheydt) wat aan Afrikaanssprekende studente gegee is. Die konstrukte woordeskat en woordeskatkennis soos wat dit binne die dissipline van tweedetaalonderrig verstaan word, word eers onder die loep geneem, waarna daar na 'n aantal bekende woordeskattoetse gekyk word. In die artikel word daar gevra hoe Afrikaanssprekendes se (produktiewe) kennis van die Nederlandse woordeskat getoets kan word en watter gevolgtrekkings oor die aard van sulke sprekers se kennis van die Nederlandse leksikon gemaak kan word. Hipoteses wat getoets word, is: (i) Afrikaanssprekendes beskik wel oor goeie en voldoende reseptiewe (passiewe) kennis van die Nederlandse woordeskat, maar oor bitter min produktiewe kennis. (ii) Afrikaanssprekendes beskik oor sowel breedte- as dieptekennis van die Nederlandse woordeskat. Die resultate van die toets het beide hierdie hipoteses as ongeldig bewys. Die vraag waarop 'n antwoord gesoek is, is: Watter hiate kan aangetoon word in studente se kennis van die Nederlandse leksikogrammatika? Uit 'n ontleding van die leksikale items wat getoets is, kom problematiese aspekte van die Nederlandse leksikon (vir Afrikaanssprekendes) na vore. Studente se breedte- asook hulle dieptekennis skiet tekort. Aspekte rakende die Nederlandse spellingsisteem, asook bepaalde grammatiese verskille tussen Nederlands en Afrikaans was duidelike struikelblokke.
Within the context of the generally accepted statement that the lexicons of the two closely related languages Afrikaans and Dutch overlap for more than 90 percent, this article looks at a Dutch vocabulary test, the Dubbele pregnante contextniveautest of Beheydt (2007), which was given to Afrikaans-speaking students in order to test their productive knowledge of the Dutch lexicon.
Bogaards's judgement that "there is not one single valid way to measure L2 vocabulary knowledge" (2000:490) is particularly true when the L2 in question is Dutch and the L2 students are mother-tongue speakers of Afrikaans. A problematic phrase in this particular context is "L2 vocabulary knowledge", since it is in no way clear what the nature of an Afrikaans speaker's knowledge of the Dutch lexicon is - a knowledge that exists only by virtue of his or her knowledge of Afrikaans. An important question, therefore, is: How can productive knowledge of the Dutch lexicon be tested with Afrikaans speakers?