The (possible) arbitration of disputes in terms of section 163 of the Companies Act 71 of 2008

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Swart, Willem Jacobus Christiaan

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Artikel 163 van die Maatskappywet 71 van 2008 maak voorsiening vir regshulp wanneer 'n aandeelhouer of direkteur se belange onredelik benadeel word. Die Wet maak ook voorsiening vir die verwysing van dispute vir alternatiewe geskilbeslegting. Arbitrasie is 'n vorm van alternatiewe geskilbeslegting wat deur beide die Wet en die Arbitrasiewet 42 van 1965 gere61 word. In hierdie artikel word die moontlike aanwending van artikel 163 van die Wet gedurende arbitrasieverrigtinge ondersoek. Alhoewel alternatiewe geskilbeslegting van dispute deur die Wet aangemoedig word, blyk dit uit die bewoording van artikel 163 van die Wet dat slegs 'n hof regshulp kragtens hierdie artikel kan verleen. Die bewoording van artikel 163 en die meriete van die oenskynlike standpunt dat dispute waarin daar op artikel 163 van die Wet gesteun word, nie vatbaar vir arbitrasie is nie, sal beoordeel word met verwysing na die regsposisie in Engeland, Australia, en Kanada. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat, in sekere omstandighede, afhangend van die verlangde regshulp, 'n arbiter wel by magte sal wees om 'n toekenning ingevolge artikel 163 van die Wet te maak. Ongelukkig blyk dit uit die bewoording van die Wet en die howe se eng interpretasie daarvan dat die toepassing van artikel 163 in arbitrasieverrigtinge heeltemal uitgesluit is. Wetswysigings word aanbeveel ten einde die Suid- Afrikaanse regsposisie in ooreenstemming met internasionale ontwikkelinge te bring.

Description

This article derives from my doctoral thesis "Relief from oppressive or prejudicial conduct in terms of the Companies Act 71 of 2008" (LLD thesis, University of South Africa 2019).

Keywords

Arbitration, Disputes, Companies Act 71 of 2008, Arbitrasie, Dispute, Maatskappywet 71 van 2008

Sustainable Development Goals

Citation

Swart, W.J.C. 2021, 'The (possible) arbitration of disputes in terms of section 163 of the Companies Act 71 of 2008,', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 84, no. 3, pp. 355-370.