Abstract:
Hierdie artikel is 'n analise van die strafregtelike- en dissiplinere verrigtinge teen dokter Wouter Basson wat sedert 1999 aan die gang is, en wat steeds nie afgehandel is nie. Dokter Basson se militere loopbaan sowel as sy betrokkenheid by die voormalige Suid- Afrikaanse Weermag se biologiese en chemiese wapenprogram genaamd Projek Coast, word kortliks bespreek. Die strafsake wat teen dokter Basson ingestel is word bespreek in chronologiese volgorde, so-ook die onderskeie appelle en dokter Basson se uiteindelike ontslag. Dokter Basson se dissiplinere verhoor by die Suid-Afrikaanse Gesondheidsberoepsraad, voortspruitend uit sy betrokkenheid by Projek Coast, word ontleed. Die fokus word geplaas op die voortvloeiende hersieningsaansoeke, die daaropvolgende appelle en relevante regs- en etiese beginsels. Laastens word die praktiese gevolge van die jongste uitsprake in hierdie aangeleentheid aangeraak.