Re-evaluating medical malpractice : a patient safety approach

Show simple item record

dc.contributor.author Oosthuizen, W.T.
dc.contributor.author Carstens, Pieter Albert, 1960-
dc.date.accessioned 2016-05-06T12:25:45Z
dc.date.available 2016-05-06T12:25:45Z
dc.date.issued 2015
dc.description.abstract Toenames in mediese wanpraktykseise en litigasie beïnvloed ’n aantal verskillende rolspelers. Die debat rondom ingrepe en hervorming wentel meestal om die finansiële implikasies daarvan. Kostes verbonde aan eise word as ’n bedreiging vir die huidige gesondheidstelsel en die beoogde Nasionale Gesondheid Versekeringskema beskou. Ingrepe wat gemik is op die beperking van kostes word dus tans oorweeg. Hierdie konvensionele ingrepe sal slegs die bestaande mediese aanspreeklikheid- en vergoedingstelsel in ’n mindere mate wysig. Daar is egter kommer oor die doeltreffendheid van die bestaande stelsel. Ongewenste mediese uitkomste is verbasend algemeen en is heel waarskynlik ’n meer gereelde verskynsel in ontwikkelende lande soos Suid-Afrika. Tog stel net ’n fraksie van beseerde pasiënte na so ’n voorval eise in en nóg minder word vergoed. Sommige aanduidings dui daarop dat die sisteem se impak op die voorkoming van ongewenste uitkomste en wanpraktyke maar gering is en dat dit selfs ’n negatiewe effek mag hê op die beoefening van medisyne. Pasiënte, wat die swaarste geraak word deur wanpraktyke, se belange word dikwels nie behoorlik oorweeg nie. Die impak van wanpraktyke op die pasiënt en die geweldige struikelblokke wat oorkom moet word om vergoeding te verkry, noodsaak ’n pasiënt-georiënteerde benadering tot die komplekse kwessies ter sprake. Fundamentele hervorming, wat sowel die doelwitte van die gesondheidstelsel as die mediese aanspreeklikheid- en vergoedingstelsel met mekaar in lyn bring, moet oorweeg word ten einde die gehalte van sorg en pasiënt-veiligheid te bevorder. Konkrete navorsing word benodig om beleid op dié gebied toe te lig. en_ZA
dc.description.department Public Law en_ZA
dc.description.librarian am2016 en_ZA
dc.description.uri http://www.lexisnexis.co.za en_ZA
dc.identifier.citation Oosthuizen, WT & Carstens, PA 2015, 'Re-evaluating medical malpractice : a patient safety approach', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, no. 78, pp. 380-397. en_ZA
dc.identifier.issn 1682-4490
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/52513
dc.language.iso en en_ZA
dc.publisher LexisNexis en_ZA
dc.rights LexisNexis en_ZA
dc.subject Mediese wanpraktyke en_ZA
dc.subject Pasiënt-veiligheidsbenadering en_ZA
dc.subject Suid-Afrika (SA) en_ZA
dc.subject South Africa (SA) en_ZA
dc.subject Medical malpractice en_ZA
dc.subject Patient safety approach en_ZA
dc.title Re-evaluating medical malpractice : a patient safety approach en_ZA
dc.title.alternative Herevaluering van mediese wanpraktyke : ’n pasiënt-veiligheidsbenadering en_ZA
dc.type Article en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record