Re-evaluating medical malpractice : a patient safety approach
Loading...
Date
Authors
Oosthuizen, W.T.
Carstens, Pieter Albert, 1960-
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LexisNexis
Abstract
Toenames in mediese wanpraktykseise en litigasie beïnvloed ’n aantal verskillende
rolspelers. Die debat rondom ingrepe en hervorming wentel meestal om die finansiële
implikasies daarvan. Kostes verbonde aan eise word as ’n bedreiging vir die huidige
gesondheidstelsel en die beoogde Nasionale Gesondheid Versekeringskema beskou.
Ingrepe wat gemik is op die beperking van kostes word dus tans oorweeg. Hierdie konvensionele
ingrepe sal slegs die bestaande mediese aanspreeklikheid- en vergoedingstelsel
in ’n mindere mate wysig. Daar is egter kommer oor die doeltreffendheid van die bestaande
stelsel. Ongewenste mediese uitkomste is verbasend algemeen en is heel waarskynlik
’n meer gereelde verskynsel in ontwikkelende lande soos Suid-Afrika. Tog stel
net ’n fraksie van beseerde pasiënte na so ’n voorval eise in en nóg minder word vergoed.
Sommige aanduidings dui daarop dat die sisteem se impak op die voorkoming van
ongewenste uitkomste en wanpraktyke maar gering is en dat dit selfs ’n negatiewe effek
mag hê op die beoefening van medisyne. Pasiënte, wat die swaarste geraak word deur
wanpraktyke, se belange word dikwels nie behoorlik oorweeg nie. Die impak van wanpraktyke
op die pasiënt en die geweldige struikelblokke wat oorkom moet word om
vergoeding te verkry, noodsaak ’n pasiënt-georiënteerde benadering tot die komplekse
kwessies ter sprake. Fundamentele hervorming, wat sowel die doelwitte van die gesondheidstelsel
as die mediese aanspreeklikheid- en vergoedingstelsel met mekaar in lyn bring,
moet oorweeg word ten einde die gehalte van sorg en pasiënt-veiligheid te bevorder.
Konkrete navorsing word benodig om beleid op dié gebied toe te lig.
Description
Keywords
Mediese wanpraktyke, Pasiënt-veiligheidsbenadering, Suid-Afrika (SA), South Africa (SA), Medical malpractice, Patient safety approach
Sustainable Development Goals
Citation
Oosthuizen, WT & Carstens, PA 2015, 'Re-evaluating medical malpractice : a patient safety approach', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, no. 78, pp. 380-397.