Browsing Rosa Swanepoel Collection by Issue Date

Browsing Rosa Swanepoel Collection by Issue Date

Sort by: Order: Results:

  • Swanepoel, Rosa (2002-11)
    Rosa stel haar elektroniese nuusbrief bekend en bespreek die geboue op 'n foto van Kerkplein vanuit die noordoostelike hoek geneem.
  • Swanepoel, Rosa (2003-01)
    Die metodes waarmee pos vanaf Time Ball Hill [nou Salvokop] aangekondig is, word bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2003-02)
    'n Bydrae oor die Erasmusgebou, en die ontsnapping van Sir Winston Churchill uit die Staatsmodelskool, toegelig met 'n foto en kaart, word bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2003-03)
    'n Bespreking van die ou begraafplaas in Kerkstraat, foutiewe grafnommers, en die Erasmusgebou op Kerkplein. 'n Bydrae oor die huise in Jacob Marestraat word ingesluit.
  • Swanepoel, Rosa (2003-04)
    Die geskiedenis van die Prospect Seminary, die Kerk van die Nederduitsch Hervormde Gemeente in Markstraat [Tivoli Teater] en Fort Schanskop word bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2003-05)
    Terugvoer oor Fort Schanskop, Prospect Huis, die gebruik van telegrafiese adresse, pres. M.W. Pretorius se vervoerprobleme, en 'n uittreksel uit 'n "Snuffelgids" [advertensies] as bylaag tot 'n koerant van 1878 word gegee.
  • Swanepoel, Rosa; Jansen, Anton (2003-06)
    'n Bespreking deur Anton Jansen van die argitekte en styl van die Erasmuskasteel, die tweede kerk op Kerkplein, die Erasmusgebou en die tuinierswoning in Burgerspark.
  • Swanepoel, Rosa (2003-07)
    Talle nuusbrokkies word bespreek, en 'n interessante stukkie geskiedenis oor C.P. Hattingh, lid van die Geheime Kommissie, word ingesluit.
  • Swanepoel, Rosa (2003-08)
    Die begrafnis van Pres. Paul Kruger op 16 Desember 1904 word in detail bespreek, en drie foto's word ingesluit. Terugvoer oor die watervoorsiening aan die forte word gegee.
  • Swanepoel, Rosa (2003-09)
    Wonderboompoort en die ontsnapping van Jan Celliers uit 'n beleerde Pretoria word bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2003-10)
    In hierdie brief word die eienaarskap van die eerste plase in Pretoria en omgewing bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2003-11)
    In die eerste lêer word die eerste opmeting en kaart van Pretoria bespreek. 'n Uittreksel uit "Ou Pretoria: Gustav Preller" gee die herinneringe van Maria Bronkhorst weer. In die tweede lêer word "Ondersoek na die aannames ...
  • Swanepoel, Rosa (2003-12)
    In hierdie brief bespreek Rosa 'n paar bekende persone van Pretoria, en haar databasis. Die skilder Vincent van Gogh se broer Cornelis word genoem.
  • Swanepoel, Rosa (2004-01)
    Ou kaarte van Pretoria en die herinneringe van Leon Sydney Zeiler word bespreek.
  • Swanepoel, Rosa (2004-02)
    Bespreking van die kerke op Kerkplein en die sloping van die kerktoring, asook die geskiedenis van die kerkklok van die Ooskerk. Verdere besprekings handel oor genealogiese inligting ontvang. Die program van die Gerard ...
  • Swanepoel, Rosa (2004-03)
    Die drie Raadsale word bespreek en kommentaar deur besoekers (o.a. Mark Twain) op die horlosie van die eerste kerk op Kerkplein word gedeel.
  • Swanepoel, Rosa (2004-04)
    'n Bespreking van die aktiwiteite in Pretoria. Inligting oor die klokke van die Ou Raadsaal, die geskiedenis van East Lynne, en 'n insident met donkies op die stoep van die Ou Raadsaal word gedeel.
  • Swanepoel, Rosa (2004-05)
    'n Bespreking oor die geskiedenis van die vroeëre kerke in Pretoria en die klok van St. Alban’s Katedraal sluit ook 'n gepubliseerde gedig in. Die verskille tussen horlosies, klokke en uurwerke word uitgewys.
  • Swanepoel, Rosa (2004-06)
    'n Bespreking van die lewens van Pres. Burgers en sy gesin. 'n Uitnodiging van "Die Fort Schanskopverening" se huldeblyk aan pres. Paul Kruger word ingesluit.
  • Swanepoel, Rosa (2004-07)
    Die opmeting van Pretoria, en kanonne vir militêre gebruik asook in privaat besit, word bespreek. Korrespondensie word vervolgens hanteer.