Voorstelling van 'n groepsportret geneem by die opening deur Pres S.J.P. Kruger van die nuwe Nasionale Bankgebou in Pretoria, April 1893. Dit word toegelig met 'n sleutel van teenwoordigers, met notas by sommige name.
In die lesing word o.a. die onderskeie kerke wat op Kerkplein opgerig is, die ou raadsaal en sy toring, en die "doodskis" gebou wat in Parlementstraat opgerig is, bespreek.
'n Bespreking van die ou begraafplaas in Kerkstraat, foutiewe grafnommers, en die Erasmusgebou op Kerkplein. 'n Bydrae oor die huise in Jacob Marestraat word ingesluit.
Die geskiedenis van die Prospect Seminary, die Kerk van die Nederduitsch Hervormde Gemeente in Markstraat [Tivoli Teater] en Fort Schanskop word bespreek.
Terugvoer oor Fort Schanskop, Prospect Huis, die gebruik van telegrafiese adresse, pres. M.W. Pretorius se vervoerprobleme, en 'n uittreksel uit 'n "Snuffelgids" [advertensies] as bylaag tot 'n koerant van 1878 word gegee.
'n Bespreking deur Anton Jansen van die argitekte en styl van die Erasmuskasteel, die tweede kerk op Kerkplein, die Erasmusgebou en die tuinierswoning in Burgerspark.
Die begrafnis van Pres. Paul Kruger op 16 Desember 1904 word in detail bespreek, en drie foto's word ingesluit. Terugvoer oor die watervoorsiening aan die forte word gegee.
In die eerste lêer word die eerste opmeting en kaart van Pretoria bespreek. 'n Uittreksel uit "Ou Pretoria: Gustav Preller" gee die herinneringe van Maria Bronkhorst weer. In die tweede lêer word "Ondersoek na die aannames ...
Bespreking van die kerke op Kerkplein en die sloping van die kerktoring, asook die geskiedenis van die kerkklok van die Ooskerk. Verdere besprekings handel oor genealogiese inligting ontvang. Die program van die Gerard ...