Female consumers' familiarity with clothing brands and their trust in brand names as an indication of certain desirable properties of clothing

Show simple item record

dc.contributor.author Diedericks, Lizette
dc.contributor.author Erasmus, Alet C. (Aletta Catharina)
dc.date.accessioned 2015-05-19T05:11:02Z
dc.date.available 2015-05-19T05:11:02Z
dc.date.issued 2014
dc.description.abstract Talle gevestigde, bekende handelsmerke het hulle produksie in onlangse jare na Oosterse lande verskuif om arbeidskoste te sny. Die land van herkoms (LvH) en die land van produksie (LvP) van gewilde, gesogte kledinghandelsmerke mag dus verskil. Dis nie duidelik of verbruikers bekend is met die LvH van gewilde han-delsmerke, of hulle aan die LvP aandag gee, of dit vir hulle ‘n probleem is die LvO en die LvP verskil, en hoe dit hulle persepsie van sulke produkte beinvloed nie. Hierdie studie het ondersoek ingestel na damesverbruikers se kennis van kledinghandelsname, hulle LvO asook die LvP, as deel van ‘n ondersoek na die gebruik van handelsname as aanduiding van sekere gesogte eienskappe van kleding, byvoorbeeld die funksionele- en gedragseienskappe, status en omgewingsvriendelikheid eerder as om kledingstukke deeglik te evalueer. ‘n Opname is deur middel van ‘n gestruktureerde vraelys in ‘n groot stedelike gebied in Suid-Afrika onder werkende dames gedoen gedoen. Data is deur geriefsteekproefneming ingesamel, en 322 dames tussen die ouderdom van 25 en 60 jaar het die gestruktureerde vraelys self voltooi. Data-analise het beskrywende statistiek, verkennende faktoranalise en ontledings soos Anova and post hoc toetse ingesluit. Die studie het die belang van handelsname as ‘n aanduiding van die funksionele- en gedrageienskappe van kledingprodukte bevestig en aangetoon dat die belang van handelsname as aanduiding van die status of omgewingsvriendelikheid in hierdie produkkategorie ondergeskik is aan die voorgenoemde ongeag ‘n verbruiker se ouderdom, inkomste, opleidingspeil of populasiegroep. In teenstelling met bestaande literatuur toon hierdie studie dat damesverbruikers handelsname gebruik as aanduiding van goeie pas, duursaamheid, gemak en goeie gehalte, eerder as ‘n simbool van status. Hoewel die studie handelsname wat wyd geadverteer word en geredelik in winkels beskikbaar is ingesluit het was respondente nie baie vertroud daarmee nie. Die meerderheid respondente het wel ver-kies dat die LvH en die LvP van handelsname ooreenstem. In die algemeen is Westerse lande as LvP verkies en is voorkeur gegee aan plaaslike- bo vervaardigers uit Oosterse lande. Verskille in die LvO en die LvP van handelsname, veral wanneer die LvP ‘n Oosterse land is, mag verbuikers se persepsie van handelsname nadelig beïnvloed tensy verbruikers ingelig word waarom die praktyk deesdae algemeen voorkom. en_ZA
dc.description.librarian am2015 en_ZA
dc.description.uri http://reference.sabinet.co.za/sa_epublication/famecs en_ZA
dc.identifier.citation Diedericks, L & Erasmus, AC 2014, 'Female consumers' familiarity with clothing brands and their trust in brand names as an indication of certain desirable properties of clothing', Journal of Family Ecology and Consumer Sciences, vol. 42, pp. 70-84. en_ZA
dc.identifier.issn 0378-5254
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/45162
dc.language.iso en en_ZA
dc.publisher South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en_ZA
dc.rights South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en_ZA
dc.subject Female consumers' en_ZA
dc.subject Brand names en_ZA
dc.subject Trust en_ZA
dc.subject Clothing brands en_ZA
dc.title Female consumers' familiarity with clothing brands and their trust in brand names as an indication of certain desirable properties of clothing en_ZA
dc.type Article en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record