The development of a theoretical model to investigate factors associated with environmental significant choice behaviour in the South African major household appliance market : an integrative conceptual approach

Show simple item record

dc.contributor.author Sonnenberg, Nadine Cynthia
dc.contributor.author Erasmus, Alet C. (Aletta Catharina)
dc.date.accessioned 2014-12-03T05:56:41Z
dc.date.available 2014-12-03T05:56:41Z
dc.date.issued 2013
dc.description.abstract Literatuur dui onteenseglik daarop dat huishoudlike toerusting „n belangrike impak het op die volhoubaarheid van natuurlike hulpbronne. Binne die Suid-Afrikaanse konteks, waar water en elektrisiteit skaars is, is hierdie onderwerp veral van belang. Die aankoop en langtermyn-gebruik van huishoudelike toestelle het veral implikasies ten opsigte van die energiesektor, wat tans onder toenemende druk is om aan die groeiende verbruikersvraag in die land te voldoen. Met stygende huishoudelike inkomstes, veral van voorheen benadeelde Suid-Afrikaners, kan „n toenemende aantal huishoudings nou vir die eerste keer groot huishoudelike toestelle bekostig. Daarbenewens het die Suid-Afrikaanse regering in 2000 aangekondig dat alle Suid-Afrikaners geregtig is op toegang tot basiese dienste, insluitend elektrisiteit, wat die aankoop van elektriese toestelle nou vir baie meer huishoudings moontlik maak. Maatreëls wat verbruikers kan aanspoor om energie-besparende en omgewingsvriendelike produkeienskappe tydens verbruikers se besluitnemingsprosesse te prioritiseer het dus groot waarde, en soortgelyke navorsing is reeds in ontwikkelde lande gedoen. Die impak van demografiese veranderlikes, lewenstyl en interne motivering, wat verskeie sosiaal-sielkundige aspekte insluit, is gevolglik reeds breedvoerig in bestaande literatuur aangespreek. Verskeie teoretiese benaderings is ook reeds toegepas, veral in terme van individue se interne motivering om omgewingsvriendelike gedrag te openbaar. Empiriese bevindinge wat „n oorsprong binne die konteks van ontwikkelde lande het kan egter nie sondermeer na die Suid-Afrikaanse verbruikersmark veralgemeen word nie, veral nie as die land se unieke, diverse populasiesamestelling in ag geneem word nie. Verbruikers se vermoëns, byvoorbeeld hulle kennis, vorige ervaring en vermoë om omgewingsvriendelike produkeienskappe te identifiseer en te beoordeel, asook eksterne faktore binne die Suid-Afrikaanse konteks, mag verbruikersbesluitneming noemenswaardig beïnvloed, veral wanneer duur, hoë-risiko produkte, soos elektriese huishoudelike toe-stelle, aangekoop word. Gebaseer op „n kritiese oorsig van bestaande empiriese navorsing en teoretiese benaderings wat binne die Westerse konteks in ontwikkelde lande gedoen is, het hierdie manuskrip ten doel om „n geïntegreerde, multi-dimensionele konseptuele raamwerk saam te stel, wat gepas sou wees vir toekomstige ondersoeke na faktore wat kan bydra om omgewingsvriendelike besluitneming en aankoopgedrag in die Suid-Afrikaanse (en moontlik ander ontwik-kelende lande se) kleinhandelsektor aan te moedig wanneer verbruikers elektriese huishoudelike toestelle aankoop. en_US
dc.description.librarian am2014 en_US
dc.description.uri http://www.up.ac.za/saafecs/ en_US
dc.identifier.citation Sonnenberg, NC & Erasmus, AC 2013, 'The development of a theoretical model to investigate factors associated with environmental significant choice behaviour in the South African major household appliance market: an integrative conceptual approach', Journal of Family Ecology and Consumer Sciences /Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe, vol. 41, pp. 71-84.. en_US
dc.identifier.issn 0378-5254
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/42742
dc.language.iso en en_US
dc.publisher South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en_US
dc.rights South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en_US
dc.subject Consumption patterns en_US
dc.subject Household appliances en_US
dc.subject South African households en_US
dc.subject South Africa's energy supply en_US
dc.title The development of a theoretical model to investigate factors associated with environmental significant choice behaviour in the South African major household appliance market : an integrative conceptual approach en_US
dc.type Article en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record