Die Suid-Afrikaanse deliktereg is generaliserend van aard. Hiermee word
bedoel dat algemene vereistes of beginsels die bestaan, al dan nie, van deliktuele
aanspreeklikheid bepaal. Hierdie eienskap van die Suid-Afrikaanse deliktereg
onderskei dit van die meer kasuïstiese benadering van byvoorbeeld die Engelse reg.
In Vastelandse stelsels word meermale ook ʼn generaliserende benadering gevolg,
selfs ten spyte van die kodifisering van meeste van dié stelsels. Die elemente van
die delik is die vereistes wat in die algemeen deliktuele aanspreeklikheid vasstel.
Skuld is normaalweg een van hierdie elemente,1 terwyl toerekeningsvatbaarheid ʼn
voorvereiste vir die bestaan van skuld is.
Die Suid-Afrikaanse deliktereg is generaliserend van aard. Hiermee word
bedoel dat algemene vereistes of beginsels die bestaan, al dan nie, van deliktuele
aanspreeklikheid bepaal. Hierdie eienskap van die Suid-Afrikaanse deliktereg
onderskei dit van die meer kasuïstiese benadering van byvoorbeeld die Engelse reg.
In Vastelandse stelsels word meermale ook ʼn generaliserende benadering gevolg,
selfs ten spyte van die kodifisering van meeste van dié stelsels. Die elemente van
die delik is die vereistes wat in die algemeen deliktuele aanspreeklikheid vasstel.
Skuld is normaalweg een van hierdie elemente, terwyl toerekeningsvatbaarheid ʼn