’n Aansoek in die arbeidshof om ’n arbitrasietoekenning te hersien, is uiteraard ’n dringende aansoek. Sommige partye wend egter taktieke aan om verdere regstappe te vertraag of te blus. Die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge 6 van 2014 bevat belangrike veranderinge en toevoegings wat poog om hierdie probleem hok te slaan. Een daarvan is die toevoeging van subartikels 9 en 10 tot artikel 145. ’n Hersieningsaansoek van ’n arbitrasietoekenning wat na 1 Januarie 2015 verleen is, onderbreek nou die verloop van die verjaring van die toekenning.
Na die aanhoor van drie verwante appèlle op 6 November 2015 lewer appèlregter Coppin ’n rigtinggewende uitspraak in die arbeidsappèlhof in Myathaza v Johannesburg Metropolitan Bus Service (SOC) Ltd; Mazibuko v Concor Plant; Cellucity (Pty) Ltd v Communication Workers Union on behalf of Peters. In twee van die drie sake het die appellante betoog teen uitsprake van die arbeidshof dat die Verjaringswet ten opsigte van arbitrasietoekennings geld (Myathaza- en Mazibuko-saak) en in ’n derde dat dit glad nie geld nie (Cellucity-saak). Die wysigings van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 (WAV) het reeds op 1 Januarie 2015 in werking getree. Regter Coppin se uitspraak handel wat die onderbreking van verjaringbetref, slegs met die posisie voor 1 Januarie 2015.
Hierdie artikel verken hoofsaaklik hofsake wat die uiteindelike toepassing van artikel 145(9) beïnvloed. Kritieke kwessies ten opsigte van die werknemer of skuldeiser se posisie word vervolgens aan die hand van die regsgeskiedenis en regter Coppin se uitspraak bespreek. Ander maatreëls wat ten doel het om onnodige vertragings of sloerings teen te werk, word verder ondersoek. Riglyne word ook aan partye gegee oor hoe om voortaan te werk te gaan in die lig van al die veranderinge aan die WAV. Ten spyte van ’n paar kritiese vrae wat ’n mens kan hê, is dit ’n stap in die regte rigting, naamlik om uitbuiting van werknemers deur hul werkgewers te bekamp.
An application for the review of an arbitration award under sections 145(1) and/or 158(1)(g) of the Labour Relations Act (LRA hereafter) is intrinsically an urgent application. Unfortunately some parties, mainly employers, utilise various tactics to frustrate the other party and to extinguish any further legal action. In layman's terms one could say that employers bleed employees dry. In many cases workers cannot afford extended legal costs. This dilemma of employee creditors is the motivation for this article. A key question to be examined is what relief, if any, the amendments to section 145 provide to the employee seeking to enforce an arbitration award.