Die beeldhouer Samson Makwela : 'n tydelike uitstalling

Show simple item record

dc.contributor.postgraduate Van der Waal, C.S.
dc.date.accessioned 2017-02-01T09:38:48Z
dc.date.available 2017-02-01T09:38:48Z
dc.date.created 1978
dc.date.issued 1978
dc.description Diploma (Arts)--University of Pretoria, 1978. en_ZA
dc.description.abstract In Oktober 1976 het die skrywer, destyds vakkundige vir Volkekunde aan die Kultuurhistoriese en Opelugmuseum in Pretoria, ‘n uitnodiging ontvang om die eerste uitstalling van beeldhouwerke van Samson Makwala aan die huis van Prof. C.W.H. Boshoff in Pretoria te besoek. Die direkte aanleiding vir hierdie uitnodiging was die volkekunde-uitstalling in die Museum wat die organiseerders van die eerste Makwala-uitstalling juis pas tevore besigtig het. Sonder dat die museum die beeldhouer nog leer ken het, het iemand dus reeds ‘n verband tussen ‘n Volkekunde-uitstalling en die beeldhouer Samson Makwala gesien. ‘n Persoonlike kennismaking met die beeldhouer en sy werke het by sy uitstalling in November plaasgevind. Dit het dadelik opgeval dat ‘n mens hier te doen het met ‘n besonder begaafde man. Daar is aan die een kant die estetiese sy van die werke wat baie bevredig het, maar dan was daar die temas wat as onderwerpe gekies is wat vir veral die volkekundige besonder treffend is. Stamlede in tradisionele drag, is uitgebeeld waar hulle met aktiwiteite besig is, byvoorbeeld die voorbereiding van voedsel, die opleiding van inisiante, insameling van veldkos, en derglike meer. Die trefkrag van die werke lê ook in die natuurlike houding waarin die figure uitgebeeld is, en verder in die goeie gebruik van die twee media waarin die beeldhouer werk: bosveldhoutsoorte en seepsteen. Tegnies was die beeldhouwerke goed afgewerk en het netjies vertoon. Die beperkinge en die moontlikhede wat die materiaal gebied het, is kunstig deur die beeldhouer benut. Die besoek aan hierdie uitstalling aan die huis van prof. Boshoff het die gedagte laat ontstaan dat sulke beeldhouwerke goed tot hulle reg sou kom in die Volkekunde-uitstalling van die museum. Ds. H.F. Verwoerd, sendeling in Lebowa in die tuisgebied van Makwala, was grootliks verantwoordelik vir die eerste uitstalling van Makwala se werke. Nadat die gedagte van ‘n uitstalling in die museum teenoor hom genoem is, is hy en Makwala genooi om die Volkekunde-uitstalling te kom bekyk. Albei was baie geesdriftig oor die gedagte en het die volkekundige atmosfeer van die museum se uitstalling as ‘n goeie omgewing vir die beeldhouwerke beskou. So het die plan posgevat om ‘n tydelike uitstalling van Samson Makwala se werke aan te bied in die Volkekunde-afdeling van die museum. Op tentatiewe basis is daar besluit om ongeveer ses maande later so ‘n uitstalling aan te pak. Dit sou sowel die beeldhouer as die museum die geleentheid bied om daarvoor voor te berei. af_ZA
dc.description.availability Unrestricted en_ZA
dc.description.degree Dipl. Arts en_ZA
dc.description.department Visual Arts en_ZA
dc.identifier.citation Van der Waal, C 1978, Die beeldhouer Samson Makwela : 'n tydelike uitstalling, Dipl. Arts Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/58784> en_ZA
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/58784
dc.language.iso Afrikaans en_ZA
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 2016 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_ZA
dc.subject UCTD en_ZA
dc.title Die beeldhouer Samson Makwela : 'n tydelike uitstalling af_ZA
dc.type Dissertation en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record