Die rol van die fotostaat in die beeldende kunste

Show simple item record

dc.contributor.advisor Roos, Nicholas Oswald
dc.contributor.postgraduate Pretorius, Annette Sophia
dc.date.accessioned 2016-11-14T08:30:06Z
dc.date.available 2016-11-14T08:30:06Z
dc.date.created 1989
dc.date.issued 1989
dc.description Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1989. en_ZA
dc.description.abstract Eerstens word 'n kort geskiedenis van die ontwikkeling van die fotostaatmasjien gegee. Daar word ook gelet op tegniese inligting wat die nodige agtergrond moet bied ten opsigte van die werking van 'n fotostaatmasjien. Die fotostaatmasjien is oorspronklik ontwerp om akkurate kopiee van dokumente, veral in 'n kantooropset, te maak. In 1945 het die Batelle Memorial Institute van Ohio in Amerika begin navorsing doen oor die moontlikhede vir die meganiese kopiering van dokumente. Hierdie navorsing is gebaseer op 'n idee van Chester F. Carlson. Hy het ingesien dat elektrostatiese kragte en die beginsel van fotosensitiwiteit gekombineer kan word om meganiese reproduksies te maak. Daar word tweedens gekyk na die unieke karaktereienskappe van die fotostaat. Om hierdie eienskappe uit te lig, word 'n fotostaat met 'n foto en 'n rekenaarbeeld vergelyk. Vermeer word gebruik as 'n voorbeeld van 'n kunstenaar wat 'n visuele hulpmiddel, naamlik die camera obscure, gebruik het. Hy het egter nie net die inligting wat hy so verkry het, slaafs nagevolg nie maar selektief daardie eienskappe van die camera obscure geneem wat sy werk kon versterk. Die eienskappe van die fotostaatmasjien hou veral moontlikhede in indien die elemente van kleur, komposisie en ruimte in ag geneem word. Die fotostaat kan derdens ook saam met ander tegnieke gebruik word. Omdat soveel kopieerwerk in die vervaardiging van 'n animasiefilm benodig word, kan 'n fotostaatmasjien hier ingespan word. Die fotostaat het spesifieke eienskappe wat aangewend kan word in die beeldende kunste. Vierdens word die Renaissance en Post-Renaissance se realistiese piktorale tradisie beskou as 'n konstante uitbreiding van teoriee oor persepsie. Lineêre perspektief kan beskou word as 'n uitbreiding van die teoriee oor persepsie. Vanaf die Renaissance is hierdie stelsel, wat deur Alberti ontwikkel is, gebruik om 'n gestruktureerde weergawe van 'n gedeelte van die spektrum van die realisme uit te beeld. Die camera obscure en latere kamera is op die beginsels van realisme soos ontwikkel in die skilderkuns geskoei. Die fotostaatmasjien maak nie gebruik van Lineêre perspektief nie, maar brei die totale begrip van persepsie uit en lewer dus ‘n bydrae tot die realistiese piktorale tradisie. Vyfdens word gekyk na aspekte van die kreatiewe proses en die rol wat die tegnologie daarin kan speel. ‘n Vrugbare verbeelding benodig ‘n groot verskeidenheid idees om die moontlikheid van nuwe assosiasies en idees te vergroot. Om ‘n versoening tussen twee skynbaar onverenigbare elemente te bewerkstellig, met ander woorde om konflik te hanteer, is ‘n fundamentele element van kreatiwiteit. In beide ‘n vrugbare verbeelding en konflik kan meganiese prosesse die kunstenaar blootstel aan ‘n groter verskeidenheid visuele idees as wat hy self sou kon voorsien. Dit kan dus lei na ‘n nuwe insig. Meganiese prosesse en die fotostaatmasjien in die besonder het dus baie beslis gebruikstoepassings in die beeldende kunste. af_ZA
dc.description.availability Unrestricted en_ZA
dc.description.degree MA en_ZA
dc.description.department Visual Arts en_ZA
dc.identifier.citation Pretorius, AS 1989, Die rol van die fotostaat in die beeldende kunste, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/58031> en_ZA
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/58031
dc.language.iso Afrikaans en_ZA
dc.publisher University of Pretoria
dc.rights © 2016 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_ZA
dc.subject UCTD en_ZA
dc.title Die rol van die fotostaat in die beeldende kunste af_ZA
dc.type Dissertation en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record