Openbare beeldhoukuns in Suid-Afrika met spesifieke verwysing na vollengte losstaande standbeelde

Show simple item record

dc.contributor.advisor Nilant, F.G.E. (Felix Gottlieb Ernst)
dc.contributor.postgraduate Duffey, Alexander Edward
dc.date.accessioned 2016-08-16T09:25:25Z
dc.date.available 2016-08-16T09:25:25Z
dc.date.created 1976
dc.date.issued 1976
dc.description Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1976. en_ZA
dc.description.abstract Alhoewel verskillende instansies dikwels standpunt inneem oor monumentele beeldhoukuns, word die saak nietemin dikwels op ‘n baie onwetenskaplike wyse benader. Die doel van hierdie studie is tweeledig. In die eerste plek sal probeer word om ‘n duidelike uiteensetting te gee van die grondtrekke van goeie monumentele beeldhoukuns. Dit blyk dat daar heelwat meningsverskil bestaan oor wat van ‘n monumentele beeldhouwerk verwag word. Die publiek, gedenktekenkomitees en beeldhouers huldig blykbaar almal verskillende opinies oor die saak en dit gee dikwels aanleiding tot botsings. Daar sal op sekere wanbegrippe in verband met monumentele beeldhoukuns ingegaan word. Tweedens sal daar aan die hand van vollengte losstaande standbeelde gepoog word om te bepaal of daar inderdaad ontwikkeling op die gebied van die Suid-Afrikaanse openbare beeldhoukuns bemerk kan word. As daar egter in ag geneem word dat daar vandag meer as duisend openbare beeldhouwerke in Suid-Afrika bestaan, is dit vanselfsprekend dat die studieveld te wyd is vir die omvang van hierdie studie en derhalwe is slegs vollengte losstaande standbeelde in detail bespreek. Die grootste deel van die openbare beeldhouwerke in SuidAfrika, wat onder meer ingedeel kan word onder groepstandbeelde, ruiterstandbeelde, oorlogsmonumente, fonteinbeelde, dierebeelde, borsbeelde en reliëfpanele val gevolglik buite hierdie studie. ‘n So volledig moontlike lys van al hierdie soorte beelde, met uitsondering van borsbeelde, dierebeelde en reliëfpanele, word egter in die beredeneerde katalogus onder die betrokke opskrifte vermeld. Die keuse het geval op vollengte losstaande beelde vir bespreking in meer detail omdat die belangrikste problem waarmee monumentele beeldhouers te doen kry, reeds by hierdie soort standbeeld voorkom. Terselfdertyd is vollengte losstaande standbeelde een van die mees omstrede afdelings van die openbare beeldhoukuns. Sommige vollengte losstaande standbeelde is in meer detail bespreek as ander omdat hierdie standbeelde tiperend is van sekere swakhede by openbare monumente of omdat dit ‘ n belangrike skakel is in die ontwikkelings lyn van die openbare beeldhoukuns in Suid-Afrika. Die hoofstukke is nie streng chronologies ingedeel nie. Openbare standbeelde van Europese oorsprong is, met enkele uitsondering, in chronologiese volgorde bespreek. Hierna word die chronologiese volgorde onderbreek deur bespreking van die drie Krugerstandbeelde en die drie Rhodesstandbeelde in Suid-Afrika Openbare standbeelde wat in Suid-Afrika gemaak is, word laastens weer in chronologiese volgorde bespreek. en_ZA
dc.description.availability Unrestricted en_ZA
dc.description.degree MA en_ZA
dc.description.department Visual Arts en_ZA
dc.identifier.citation Duffey, AE 1976, Openbare beeldhoukuns in Suid-Afrika met spesifieke verwysing na vollengte losstaande standbeelde, MA Dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/56346> en_ZA
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/56346
dc.language.iso Afrikaans en_ZA
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 2016 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_ZA
dc.title Openbare beeldhoukuns in Suid-Afrika met spesifieke verwysing na vollengte losstaande standbeelde en_ZA
dc.type Dissertation en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record