Hierdie artikel behandel die oordrag van betekenis in literêre vertaling en lewer verslag oor 'n studie wat die vertaling van dialek en register in The long journey of Poppie Nongena (Elsa Joubert 1980), die Engelse vertaling van Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), ondersoek het. Die studie het aangetoon dat 'n literêre vertaling wat goed geskryf is en inhoudelik ooreenstem met die bronteks, steeds onvoldoende mag wees indien alle vlakke van betekenis nie voldoende oorgedra is nie. Betekenis sluit dus nie slegs die feitelike inhoud in nie. In literêre tekste is die wyse waarop inligting oorgedra word dikwels ewe belangrik as die inhoud, aangesien dit onder andere inligting verskaf oor die taalgebruikers en taalgebruikskontekste. In literêre vertaling word gebruikersverwante taalvariëteite (dialek) en gebruiksverwante taalvariëteite (register) dus tot 'n hoogs betekenisvolle vlak verhef. Mona Baker (1992) noem die betekenis wat uit dialek en register stam, "evoked meaning", of opgeroepte betekenis. Die swerfjare van Poppie Nongena is in terme van opgeroepte betekenis swaar gelaai, maar die Engelse vertaling toon nie dieselfde lading nie. Die eerste doel van die artikel is om hierdie betekenisteenstrydigheid uit te wys deur middel van 'n vergelyking van die bron- en doelteks, en die tweede doel is om 'n meer gepaste strategie voor te stel. Juliane House (1977, 1997, 2009) se teorie van waarneembare vertaling sal as oplossing bespreek en geïllustreer word deur gedeeltes van die teks wat volgens hierdie strategie in Engels hervertaal is, voor te lê. Só word die kulturele en sosiale karakterbehoud wat deur 'n verandering van vertaalstrategie bereik kan word, bewys.
This article investigates the transfer of meaning in literary translation and presents the findings of a recently concluded study (Botha 2015). The article fulfils a two-fold purpose. The first is to prove that a literary translation may be well written and may reflect the content of the source text correctly, but may still be inadequate due to the fact that not all types of meaning have been translated adequately. This is proven by comparing Elsa Joubert's renowned novel Die swerfjare van Poppie Nongena (1978) with its English translation, The long journey of Poppie Nongena (1980), to demonstrate a significant shift in meaning due to an insufficient transfer of social dialect and informal register. The second purpose is to propose and illustrate a solution to the identified problem, which involves a discussion and an application by retranslation of Juliane House's (1977) strategy of overt translation, which entails a foreignisation of the translation in order to make the source culture and the situational context apparent. The retranslation illustrates an alternative translation strategy, but does not suggest that this is "the ultimate" alternative. It is simply one which seeks to retain a crucial aspect of the source text and is also open to critiquing and alteration.