Moenie my 'jy' en 'jou' nie" - die gebruik van u in die 21ste eeu. Resultate van 'n loodsondersoek

Show simple item record

dc.contributor.author Bosman, Nerina
dc.contributor.author Otto, Annel
dc.date.accessioned 2016-04-20T06:18:28Z
dc.date.available 2016-04-20T06:18:28Z
dc.date.issued 2015-12
dc.description.abstract Oor aanspreekvorme (voortaan AV'e) in Afrikaans is die volgende navorsing al gedoen: Brown en Gilman (1960) skets die asimmetriese magsituasie tussen blankes, kleurlinge en swart mense waar veral die V-vorm (vir Afrikaans is dit die respekvorm, naamlik u) nie ter sprake kom nie. Scholtz (1963:65) merk (sonder enige empiriese gegewens) op dat die gebruik van u "buite die kringe van 'geleerdes' en 'verstedeliktes'" iets vreemds in Afrikaans is. Odendal (1976) lewer verslag van 'n kleinskaalse ondersoek onder universiteitstudente. Hy noem dat jy waarskynlik besig is om veld te wen in formele situasies en dat u nooit gebruik is deur die sogenaamde "sosiaal mindere lae" nie. Wybenga (1981) bestudeer Afrikaanse AV'e van wit Afrikaanssprekendes in Vanderbijlpark en Kotzé (1983) gee 'n gedetailleerde beskrywing van AV'e in die Maleierafrikaans van die 1980's. In 'n 1987-artikel gee Combrink 'n oorsig oor die gebruik van die direkte AV, of vokatief in Afrikaans. Swanepoel (1989) is 'n teksgebaseerde diachroniese ondersoek na interetniese aanspreeken verwysingsvorme in Afrikaans. Grootskaalse empiriese ondersoek na die sogenaamde indirekte AV - dit is die voornaamwoorde u, u-hulle, jy enjulle, die herhalingsvorm (waar die direkte AV herhaal word) of die vermydingsvorm (waar AV'e nie gebruik word nie) - ontbreek egter in Afrikaans. In hierdie artikel lewer ons verslag van 'n kwantitatiewe loodsstudie na die gebruik van u. Hierdie loodsstudie maak deel uit van 'n omvattende NNS-projek na die hele Afrikaanse aanspreekstelsel. Die resultate van 'n elektroniese vraelys waarin respondente verslag doen van hulle eie gebruik van u sal voorgehou word en opvolgende fases van die projek sal kortliks aangedui word. Binne die beperkings rakende die omvang van hierdie artikel wou ons breë tendense aantoon. Fynere onderskeidings rakende sosiolinguistiese en pragmatiese faktore moet verkieslik deur middel van kwalitatiewe data wat deur addisionele metodes verkry word, aangedui word. en_ZA
dc.description.abstract In this article, the current usage of Afrikaans forms of address is discussed by focusing on the results of a quantitative study regarding the use of the formal pronoun u. Due to the fact that a large-scale empirical investigation about the so-called "second form of address", i.e. about the pronouns u, u-hulle and jy, julle, the R form (where the first form of address is repeated) or the zero form (casus oblique), has to date not been undertaken in Afrikaans, we embarked on a pilot project which forms part of a larger extensive study about Afrikaans forms of address. The data for this article was obtained by using an electronic questionnaire. Since most questions were closed questions, our report is quantitative in nature. en_ZA
dc.description.department Afrikaans en_ZA
dc.description.librarian am2016 en_ZA
dc.description.uri http://www.litnet.co.za/Category/akademies/litnet-akademies en_ZA
dc.identifier.citation Bosman, N & Otto, A 2015, '“Moenie my ‘jy’ en ‘jou’ nie” – die gebruik van u in die 21ste eeu. resultate van ’n loodsondersoek', LitNet Akademies, vol. 12, no. 3, pp. 358-393. en_ZA
dc.identifier.issn 1995-5928
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/52065
dc.language.iso Afrikaans en_ZA
dc.publisher LitNet en_ZA
dc.rights LitNet en_ZA
dc.subject Aanspreekvorme en_ZA
dc.subject Afrikaans en_ZA
dc.subject Direkte aanspreekvorm en_ZA
dc.subject Elektroniese vraelys en_ZA
dc.subject Herhalingsvorm en_ZA
dc.subject Indirekte aanspreekvorm en_ZA
dc.subject Sydelingse aanspreekvorm en_ZA
dc.subject U en_ZA
dc.subject Vermydingsvorm en_ZA
dc.subject Afrikaans en_ZA
dc.subject Avoidance of form of address en_ZA
dc.subject Direct form of address en_ZA
dc.subject Electronic questionnaire en_ZA
dc.subject Forms of address en_ZA
dc.subject Indirect forms of address en_ZA
dc.subject Repetition of the vocative en_ZA
dc.subject (Casus oblique) en_ZA
dc.subject You (V-form / "u") en_ZA
dc.subject You (T-form / “jy”) en_ZA
dc.subject.other Humanities articles SDG-04
dc.subject.other SDG-04: Quality education
dc.title Moenie my 'jy' en 'jou' nie" - die gebruik van u in die 21ste eeu. Resultate van 'n loodsondersoek en_ZA
dc.title.alternative “Do not call me ‘jy’ and ‘jou’”. the use of u as an Afrikaans form of address in the 21st century. Results of a pilot study en_ZA
dc.type Article en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record