Schwier verwys na ’n ‘kritiese metodepluralisme’ wat te midde van die ‘vreemdheid van die teks’ onder meer ‘n blik het op die Bybel
as literatuur; wat die rykdom van die Bybelse taal, motiewe, geskiedenisse, beelde, verhale, argumente en literêre strategieë ontgin;
wat vra na die verskillende vorms en tekssoorte – wat die narratiewe, profetiese, voorskriftelike, wysheids- en himniese grondvorme
van die Bybelse polifonie ondersoek; wat ’n oog het vir retoriek en metaforiese strukture. Naas die veelvuldige vorme van tekskritiek
het die sosiaal-historiese, kultuur-antropologiese en kontekstuele of samelewings-betrokke ondersoeke wat gerig is op identiteits- en
geloofsbegronding, sowel as verandering van die praxis, ’n wesenlike plek.
E.K. (Universiteit van Suid-Afrika) was verantwoordelik vir
die deel oor die homiletiek en W.K. (Universiteit van Pretoria)
die deel oor die loodglasvensters. Beide dele is geïntegreer en
verwerk deur die outeurs.