Bread as dignity : the Constitution and the Consumer Protection Act 68 of 2008

Show simple item record

dc.contributor.author Bauling, Andrea
dc.contributor.author Nagtegaal, Annelize
dc.date.accessioned 2015-09-30T05:36:37Z
dc.date.available 2015-09-30T05:36:37Z
dc.date.issued 2015
dc.description.abstract Die belang van die onderlinge verband tussen mense- en verbruikersregte, (her)verdelende billikheid, verbruikersbeskerming en die kontraktereg moet vooropgestel word. Die reg op gelykheid en menswaardigheid het die mees direkte invloed op die kontraktereg. Die kontrak kan potensieel as ‘n instrument gebruik word waarmee armoede gedupliseer word. Die rol wat verbruikersbeskerming wetgewing speel in die proses om die verbruiker van die ekonomiese gevolge van onregverdige verbruikersoor-eenkomste te beskerm, moet geevalueer word in oorleg met die grondwetlikvoorgeskrewe plig om op ‘n volgehoue basis die regverdigheid en regmatigheid van die kontraktereg te verseker. Dit is uiters belangrik om die werklike bedingingstand van die partye te identifiseer, aangesien hierdie inligting noodsaaklik is om te bepaal of die ooreenkoms so aangegaan is om die voldoening van sosiale geregtigheid te bewerkstellig. Die Wet op Verbruikersbeskerming1 stel regverdigde metodes daar waarmee kontrak-vryheid ingeperk word om sodoende die ekonomies grensgeval-verbruiker te beskerm. Die ideaal van die etiese kontrak kan verdere leiding in hierdie verband verskaf. Die hoofdoel van die Wet, om die mees kwesbare lede van die samelewing te beskerm wanneer hul verbuikersooreenkomste aangaan, moet by elke moontlike geleentheid nagestreef word. Die impak van die uiters ongelyke bedingingstand van lede van die Suid-Afrikaanse samelewing kan nie langer afgemaak word indien ‘n billike en substantief-gelyke kontraktuele speelveld vereis word nie. Die vermoë om brood, een van die mees basiese verbruikersgoedere, te koop is een mate van waardigheid. Die rol van die reg in die Suid- Afrikaanse transformerende projek kan nie afgemaak word nie. Die strewe na ‘n kontraktuele Utopia kan potensieel, al is dit in ‘n mindere mate, bydra tot die proses om armoede uit te roei en gelykheid in die samelewing daar te stel. Alle geleenthede moet benut word in die soeke na maniere om armoede aan te spreek. Die hoop is dat die Wet op Verbruikers-berskerming die era van die etiese kontrak sal inlei. en_ZA
dc.description.librarian am2015 en_ZA
dc.description.uri http://www.dejure.up.ac.za en_ZA
dc.identifier.citation Bauling, A & Nagtegaal, A 2015, ‘The Constitution, consumer protection and bread as dignity’, De Jure, vol. 48, no. 1, pp. 149-171. en_ZA
dc.identifier.issn 1466-3597
dc.identifier.other 10.17159/2225-7160/2015/v48n1a9
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/50094
dc.language.iso en en_ZA
dc.publisher Pretoria University Law Press en_ZA
dc.rights Pretoria University Law Press en_ZA
dc.subject Grondwet en_ZA
dc.subject Menswaardigheid en_ZA
dc.subject Constitution en_ZA
dc.subject Dignity en_ZA
dc.subject Consumer Protection Act 68 of 2008 en_ZA
dc.subject Verbruikersbeskerming en_ZA
dc.title Bread as dignity : the Constitution and the Consumer Protection Act 68 of 2008 en_ZA
dc.title.alternative Grondwet, verbruikersbeskerming en brood as menswaardigheid en_ZA
dc.type Article en_ZA


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record