Applying the design process to apparel prototype development : students' experiences of a community service-learning project

Show simple item record

dc.contributor.author Strydom, Mariette
dc.contributor.author Tselepis, Thea J.
dc.date.accessioned 2014-12-01T12:39:32Z
dc.date.available 2014-12-01T12:39:32Z
dc.date.issued 2013
dc.description We would like to acknowledge the University of Pretoria, Department of Consumer Science (where both authors were employed during the project) and the 2011 Clothing Management final year stu-dents. en_US
dc.description.abstract Studente se ervaring van „n diensleer projek word in hierdie artikel beskryf. Die vennootskap tussen „n akademiese department en „n sosiale entrepreneur het geleentheid gebied om fina-lejaar-studente aan die realiteit van kleding-produkontwikkeling bloot te stel. Amajobjob is „n sosiale entrepreneur wat basiese lewensvaar-dighede ontwikkel deur „n reeks opleidingspro-gramme, waaronder basiese klerekonstruksie, aan te bied. Deelnemers aan die program kan na voltooiing „n langbroek, of te wel African Happy Pants™, vervaardig. Dit is „n trots Suid-Afrikaanse langbroek, gemaak van „n unieke, kleurvolle materiaal wat die ritme van Afrika we-erspieël. Amajobjob verskaf uitgeknipte pa-troondele en ander rou material aan opgeleide deelnemers. Die individue maak dan die langbroeke en word vir hul arbeid betaal, terwyl Amajobjob die verkope behartig. Op hierdie ma-nier kan die individue hul eie inkomste bepaal. Amajobjob beskik egter nie oor die nodige vaar-dighede om nuwe produkte te ontwerp en on-twikkel nie. Verbruikerswetenskap-studente wat speisaliseer in die Kledingbestuurprogram, kon egter die gaping in die vaardighede aanvul. Finalejaarstudente wat ingeskryf was vir die produkontwikkeling-vak het die uitdaging om die produkreeks te verbeter en uit te brei, aanvaar. Studente ontwikkel hoër kognitiewe vaar-dighede gedurende die produkontwikkelingvak. Kritiese denke wat vaardighede soos ontwerp, analise, sintese en evaluering insluit, word verder ontwikkel. Die voordeel van projekte wat op werklike probleme gebasseer is, is dat dit aan die student die geleentheid bied om prak-tiese ondervinding op te doen, en werkverwante vaardighede toe te pas. Die doel van die projek was om die bestaande klere-produkreeks van „n sosiale entrepreneur uit te brei en/of te verbeter, en om die studente se ervaring van die realiteit van produkontwik-keling te beskryf. Die projek het studente in staat gestel om teoretiese en praktiese kennis wat in die Verbruikerswetenskap Kledingpro-gram bekom is, in die produkontwikkeling-vak toe te pas. Die navorsingsontwerp was deelnemende-aksie navorsing en aktiwiteite is gestruktureer volgens „n ontwerpproses wat op kledingprodukontwik-keling van toepassing is. Sewe-en-twintig stu-dente wat vir die vak ingeskryf was, het aan die projek deelgeneem. Om te bepaal hoe doel-treffend die produkte ontwikkel is, is die stu-dente se eweknie-evaluering (“peer evaluation”) van die finale produkte met Amajobjob se keuse van produkte vergelyk. Na voltooiing van die vak moes die studente „n geskrewe refleksie oor hul ervaring inhandig, en dit is deur middel van inhoud-analise (“content analysis”) ontleed. Die positiewe impak van diensleer is in studente se geskrewe refleksies bevestig. Die inhoud van die refleksies het „n positiewe ervaring ten op-sigte van ontwerp, produksie, toepassing van kennis, groepwerk en sosiale verant-woordelikheid uitgelig. Teoretiese en praktiese uitkomste is bereik, wat terselfdertyd „n posi-tiewe leerervaring en bydrae tot die gemeen-skap gemaak het. Twee-en-twintig van die 67 produk-idees is deur die sosiale entrepreneur gekies om die bestaande produkreeks uit te brei en dui daarop dat die studente die behoeftes van die sosiale entrepreneur, asook die han-delsmerkbeeld op „n doeltreffende manier geïn-terpreteer en in die eindproduk toegepas het. Die uitbreiding van die produkreeks fasiliteer werkskepping, wat tot voordeel van die ge-meenskap sal wees. Die studente is bevoordeel deur die kombinasie van diensleer-aktiwiteite met die akademiese kurrikulum, en die gemeen-skap is bevoordeel deur die uitbreiding van die produkreeks en moontlike werksgeleenthede. In „n multidissiplinêre vakgebied soos produ-kontwikkeling waar teoretiese en tegniese vaar-dighede toegepas word, kan gemeenskap-gebaseerde diensleer „n nuwe dimensie aan die opleiding van Verbruikerswetenskaplikes bied. en_US
dc.description.librarian am2014 en_US
dc.description.uri http://www.up.ac.za/saafecs/ en_US
dc.identifier.citation Strydom, M & Tselepis, TJ 2013, 'Applying the design process to apparel prototype development: Students' experiences of a community service-learning project', Journal of Family Ecology and Consumer Sciences /Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe, vol. 41, pp. 28-41. en_US
dc.identifier.issn 0378-5254
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/42730
dc.language.iso en en_US
dc.publisher South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en_US
dc.rights South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en_US
dc.subject African Happy Pants™ en_US
dc.subject Amajobjob en_US
dc.subject Klerekonstruksie en_US
dc.subject Suid-Afrikaanse langbroek en_US
dc.title Applying the design process to apparel prototype development : students' experiences of a community service-learning project en_US
dc.type Article en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record