Die Ondersoek van 'n moontlike materiaal - afhanklike verklaring van die Coulomb-Navier interne wrywingskoëffisiënt

Show simple item record

dc.contributor.advisor Marais, J.J.
dc.contributor.coadvisor Roering, C.
dc.contributor.postgraduate Van der Merwe, Pieter
dc.date.accessioned 2014-10-08T05:54:03Z
dc.date.available 2014-10-08T05:54:03Z
dc.date.created 1976-10-01
dc.date.issued 1976 en_US
dc.description Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1976. en_US
dc.description.abstract Die onbevredigende konsep van die interne wrywingskoeffisient wat as basis dien vir numeries-bruikbare fraktuurkriteria vir brosmateriale, onder andere die van Coulomb-Mohr, impliseer dat daar meriete in die kriteria bestaan, maar dat daar ook fundamentele aspekte van die fraktuur.meganika vir brosmateriale bestaan wat nog ontsluit moet word. Met hierdie as onderliggende behoefte, word die probleem geidentifiseer deur eers die waarskynlike tekortkominge in die interpretasie van die bestaande teoriee in oenskou te neem. So word byvoorbeeld die rol van die inter.mediere hoofnormaalspanning met behulp van die stereografiese projeksiemetode geillustreer waaruit afgelei kan word dat die probleem, in teenstelling met die opinie van sommige ander navorsers, wel drie-dimensioneel van aard is. Daar word oak aangetoon dat die gemiddelde normaalspanningsvlak meganistiese eienskappe bevat wat daarop dui dat dit die kritieke fraktuurvlak kan wees. Aangesien hierdie vlak egter invariant ten opsigte van die normaalspanningsverwysingsnetwerk is, word die begrip netto-normaalspanning ingevoer wat 'n funksie van die Poissonverhouding is. Deur 'n funksionele verwantskap af te lei vir die helling van die Mohrenvelop wat die Mohrsirkel raak by die punt wat verteenwoordig word deur die gemiddelde netto-hoofnor. maalspanning in terme van die normaalspannings en die Poissionverhouding, word 'n moontlike materiaal-afhanklike verklaring van die interne wrywingskoeffisient verkry. Dit word bevind dat hierdie vergelyking sinvolle waardes van die interne wrywingskoeffisient voorspel, wat impliseer dat daar meriete in die benaderingswyse bestaan wat die formulering van die verwantskap voorafgegaan het. 'n Uitvloeisel van die benaderingswyse is dat dit aanleiding gee tot 'n gewysigde vorm van voorstelling van eksperimentele data. Daar word bevind dat die gewysigde voorstelling baie gevoelig is vir sekere veranderlikes en die rol van invariante toestande word ook deur hierdie voorstelling beklemtoon. 'n Afleiding wat uit hierdie verhandeling gemaak kan word, is dat dit moontlik behoort te wees om 'n fraktuurkriterium in terme van elastisiteitskonstantes te formuleer. en_US
dc.description.availability Unrestricted en_US
dc.description.department Mechanical and Aeronautical Engineering en_US
dc.description.librarian gm2014 en_US
dc.identifier.citation Van der Merwe, P 1976, Die Ondersoek van 'n moontlike materiaal - afhanklike verklaring van die Coulomb-Navier interne wrywingskoëffisiënt, MSc dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/42286> en_US
dc.identifier.other E14/4/568/gm en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/42286
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 1976 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_US
dc.subject Coulomb-Mohr en_US
dc.subject Die onbevredigende konsep van die interne wrywingskoëffisiënt en_US
dc.subject Brosmateriale en_US
dc.subject UCTD
dc.title Die Ondersoek van 'n moontlike materiaal - afhanklike verklaring van die Coulomb-Navier interne wrywingskoëffisiënt en_US
dc.type Dissertation en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record