Die Nederduitse Gereformeerde kerk en die owerheid oor apartheid : 1948- 1991 - 'n kerkhistoriese studie

Show simple item record

dc.contributor.advisor Van der Watt, P.B. (Philip Blignaut)
dc.contributor.postgraduate Tolmay, Barry John
dc.date.accessioned 2014-10-08T05:53:49Z
dc.date.available 2014-10-08T05:53:49Z
dc.date.created 1994-11-01
dc.date.issued 1994 en_US
dc.description Thesis (DD)--University of Pretoria, 1994. en_US
dc.description.abstract Die historiese wortels van apartheid is vasgele in die tydperk tussen 1652 en 1948. Die Ned. Geref. Kerk het vanaf die dertigerjare van die twintigste eeu die regering versoek om apartheid statuter uit te bou. Met die bewindsverandering in 1948 het 'n nuwe fase van meer as veertig jaar in Suid-Afrika aangebreek. Gedurende hierdie tydperk vind ons 'n hegte band tussen die owerheid en die Ned. Geref. Kerk. Die Ned. Geref. Kerk het in 1948 apartheid vanu it die Skri f geregverd i g en het sy profetiese getuienis daarmee sterk onder verdenking gebring. Die statutere implementering van apartheid het hierna gevolg. Die Ned. Geref. Kerk en die owerheid het hulle standpunte gegrond op die beginsel van voogdyskap. Hiervolgens was blankes die voogde van nie-blankes wat hulle tot mondigheid moet begelei. Na republiekwording is die tuislandbeleid ontwikkel sodat swartmense onafhanklikheid kon verkry. In die praktyk het swartes afhanklik en ondergeskik aan blankes gebly. In 1974 verskyn Ras, Volk en Nasie as amptelike beleidsdokument van die Ned. Geref. Kerk. Die Skriftuurlike begronding verdwyn en apartheid word om praktiese redes onderskryf. Die onluste van 1976 het 'n fase van kritiese evaluering van apartheid ingelei. Die regering het begin om toegewings oor apartheid te maak. As gevolg van die diep kloof tussen politieke oortuigings van Ned Geref. Kerklidmate was die vroee tagtigerjare 'n fase vol huiwering vir die Ned. Geref. Kerk oor apartheid. Die besluit tydens die Algemene Sinode van 1986 dat die Ned. Geref. Kerk "oop" is, was in beginsel 'n sprong weg van apartheid soos gereflekteer in die nuwe beleidsdokument, Kerk en Samelewing. In die fase tussen 1986 en 1991 vind die besliste ontstrengeling van apartheid plaas. Die Ned. Geref. Kerk en die owerheid het dus saam apartheid geimplementeer en saam daarvan weg beweeg. Die Ned. Geref. Kerk het met sy ondersteuning van apartheid en hegte band met die owerheid meegewerk om sy baie "bevoorregte" posisie ten opsigte van die owerheid ongedaan te maak. 'n Era is afgesluit en in die nuwe Suid-Afrika is daar nou 'n nuwe owerheid met nuwe vennote. Indien die Ned. Geref. Kerk nuwe geleenthede aangryp, kan sy Skriftuurlike opdrag, met 'n duidelike profetiese stem, 66k teenoor die owerheid, gehoor word. Die alternatief is 'n eensame pad ... en_US
dc.description.availability Unrestricted en_US
dc.description.department Practical Theology en_US
dc.description.librarian gm2014 en_US
dc.identifier.citation Tolmay, B J 1994, Die Nederduitse Gereformerde Kerk en die owerheid oor apartheid : 1948- 1991 - 'n kerkhistoriese studie, PhD thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/42285> en_US
dc.identifier.other D14/4/468/gm en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/42285
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 1994 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_US
dc.subject Die historiese wortels van apartheid en_US
dc.subject Die Nederduitse Gereformeerde Kerk en_US
dc.subject Suid-Afrika en_US
dc.subject Blankes en_US
dc.subject Nie blankes en_US
dc.subject Swartmense onafhanklikheid kon verkry en_US
dc.subject Tuislandbeleid ontwikkel en_US
dc.subject UCTD
dc.title Die Nederduitse Gereformeerde kerk en die owerheid oor apartheid : 1948- 1991 - 'n kerkhistoriese studie en_US
dc.type Thesis en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record