Die rol van die klanke, klinkers en klawersprogram op Graad 1-leerders se fonologiese bewuswording as leesgeletterdheidsvaardigheid

Show simple item record

dc.contributor.advisor Joubert, Jacomina Christina
dc.contributor.coadvisor Vermeulen, Dorette
dc.contributor.postgraduate Faber, Heidi
dc.date.accessioned 2014-06-17T13:04:22Z
dc.date.available 2014-06-17T13:04:22Z
dc.date.created 2014-04-14
dc.date.issued 2013 en_US
dc.description Thesis (PhD)--University of Pretoria, 2013. en_US
dc.description 6 CDs available with the study. Kept at the Open Scholarship Office in the Embargo room.
dc.description.abstract Die fokus van hierdie studie is ‘n intervensie deur middel van die Klanke, Klinkers en Klawersprogram op Afrikaanse Graad 1-leerders se fonologiese bewuswording ten opsigte van leesgeletterdheidsvaardighede. Daar is gepoog om onderrig in fonologie te versterk en meer verrykend te maak deur middel van die integrering van musiekaktiwiteite. Die versterking van fonologiese bewuswording het leesgeletterdheidsvaardighede versterk. Tydens die aanleer van leesvaardighede is leerders aktief betrek deur na stories te luister, liedjies aan te leer en aan ander musiekaktiwiteite deel te neem. Volgens internasionale en nasionale leesstatistieke word leesgeletterdheids-vaardighede oral in die wêreld as ‘n probleem beskou, maar in Suid-Afrika neem dit kritieke afmetings aan waar die gemiddelde leerder in die grondslagfase groot probleme toon ten opsigte van lees. ‘n Moontlike rede vir hierdie probleem is dat fonologiesevaardighede nie onderrig word in Graad 1 nie. Weglating van die onderrig van sekere taalvaardighede soos fonologiese bewuswording lei tot swak leesprestasie by jong leerders. Oneffektiewe onderrigmetodes het ‘n beduidende negatiewe invloed op leerders se leesgeletterdheidsvaardighede. Hierdie agtergrond het my gelei tot die ondersoek van die navorsingsvraag naamlik: Tot watter mate sal ʼn Afrikaanse fonologiemusiekprogram ʼn invloed op Graad 1-leerders se fonologiese bewuswording as leesgeletterdheidsvaardigheid hê? In hierdie navorsing is daar gebruik gemaak van ‘n konseptuele raamwerk gebaseer op Howard Gardner (1983:9) se multi-intelligensies, met die klem op musikale en linguistiese intelligensies. Gardner (1983) bevestig dat leerders baat daarby vind wanneer onderwysers verskeie intelligensies in hulle aanbiedinge betrek. Die integrasie van musiek met geletterdheid soos voorgestel deur Russell-Bowie, speel verder ook ‘n belangrike rol in die konseptuele raamwerk. Russell-Bowie (2006) beveel die integrasie van musiek en ander vakke ten sterkste aan. Musiek dra by tot die ontwikkeling van effektiewe leesvaardighede deur die deelname aan genotvolle aktiwiteite. Onderwysers met of sonder musiekkennis of -vaardighede kan musiek onderrig, maar onderwysers met gespesialiseerde vaardighede word benodig wanneer gevorderde musiekvaardighede en -konsepte vir leerders aangeleer word. ʼn Kwalitatiewe, interpretivistiese benadering tot ʼn gevallestudie is gebruik om die intervensieprogram en navorsingsvraag te verken, te verklaar en te beskryf. Data is ingesamel deur visuele bewysstukke, dokumente, waarneming, onderhoude en ‘n navorsingsjoernaal. Die data-analise het plaasgevind deur kodering en tematiese analise naamlik: Tema 1 Geletterdheidsvaardighede; Tema 2 Musiekvaardighede en Tema 3 Die rolspelers se ervaring van die intervensie. Onderwysers speel ‘n noemenswaardige rol in die aanleer van fonologiese bewuswording deur die korrekte uitspraak van fonologiese spraakklanke. Bevindinge van die navorsing het getoon dat musiek wel ‘n positiewe rol speel in fonologiese bewuswording van Graad 1-leerders se leesgeletterdheidsvaardigheid. Die intervensie program het duidelik die leerders se fonologiese bewuswording versterk wat weer hulle leesgeletterdheidsvaardighed bevorder het. en_US
dc.description.availability unrestricted en_US
dc.description.department Early Childhood Education en_US
dc.description.librarian gm2014 en_US
dc.identifier.citation Faber, H 2013, Die rol van die klanke, klinkers en klawersprogram op Graad 1-leerders se fonologiese bewuswording as leesgeletterdheidsvaardigheid, PhD thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/40234> en_US
dc.identifier.other D14/4/76/gm en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/40234
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 2013 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria en_US
dc.subject Klanke en_US
dc.subject Klinkers en Klawers-program en_US
dc.subject Fonologie-musiekprogram en_US
dc.subject Fonologie en_US
dc.subject Fonolo-giese bewuswording en_US
dc.subject Fonologiese bewustheid en_US
dc.subject Leesgeletterdheidsvaardigheid en_US
dc.subject Multi-intelligensies en_US
dc.subject Graad 1-leerders en_US
dc.subject UCTD en_US
dc.title Die rol van die klanke, klinkers en klawersprogram op Graad 1-leerders se fonologiese bewuswording as leesgeletterdheidsvaardigheid en_US
dc.type Thesis en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record