Surrogate motherhood agreements and their confirmation : a new challenge for practitioners?

Show simple item record

dc.contributor.author Nicholson, C.M.A. (Caroline Margaret Anne), 1960-
dc.contributor.author Bauleng, Andrea
dc.date.accessioned 2014-03-12T13:43:21Z
dc.date.available 2014-03-12T13:43:21Z
dc.date.issued 2013
dc.description.abstract Ondanks die feit dat onlangse regspraak sommige onduidelikhede aangaande die regsposisie van surrogaatskap uit die weg geruim het, bestaan verskeie regs- en etiese dilemmas steeds op dié gebied. Ten spyte van die huidige lacunae dien die kontrak as 'n hulpmiddel om die belange van beide die lasgewende ouer(s) en die surrogaatmoeder te bevestig en te beskerm. Die howe vereis 'n volledige, eerlike en omvattende kontrak, beëdigde verklaring en aansoek. Ten spyte hiervan blyk partye onbewus of ongeërg oor die moontlikheid en uitwerking van hul versuim om gehoor te gee aan hierdie vereistes. Voordat surrogaatskap deur die Kinderwet gereguleer was, het onvrugbare paartjies waarskynlik surrogaatskap onwettiglik beoefen. Die vraag is dus waarom, nou dat die praktyk wettig is, paartjies steeds die gereg tart? Vanweë die aard van surrogaatskap bestaan die praktyk grotendeels uit die strewe na 'n balans tussen die belange van die verskeie partye, die kind en die gemeenskap as 'n geheel - 'n taak wat byna onmoontlik blyk te wees. Tans is die surrogaatmoederskapsooreenkoms die mees gepaste instrument om die belange van alle betrokkenes te beskerm. Die moontlikheid van 'n surrogaatskap-spesifieke model moet ondersoek word, om sodoende voornemende partye, asook ons howe leiding te bied in die uitleg, bekragtiging en implementering van surrogaatmoederskapsooreenkomste onder Hoofstuk 19 van die Kinderwet. Todat 'n surrogaatskap-spesifieke model ontwerp word, of 'n hof 'n uitspraak lewer wat só 'n model impliseer, word daar aanbeveel dat die kontraktereg-model toegepas word. Dit maak voorsiening vir die moontlikheid dat die bedoeling van die partye nagejaag kan word. Verder word ook aan die hand gedoen dat toepassing van die kontraktereg-model kan lei tot die teëwerking van die onsekerhede wat daargestel word deur die afwesigheid van regulasies kragtens Hoofstuk 19 van die Wet. af
dc.description.librarian am2014 en
dc.description.librarian ai2014
dc.description.uri http://www.dejure.up.ac.za/ en
dc.identifier.citation Nicholson, C & Bauleng, A 2013, 'Surrogate motherhood agreements and their confirmation : a new challenge for practitioners?', De Jure, vol. 46, no. 2, pp. 510-538. en
dc.identifier.issn 1466-3597
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/37124
dc.language.iso en en
dc.publisher Pretoria University Law Press (PULP) en
dc.rights Pretoria University Law Press (PULP) en
dc.subject Surrogaatmoederskap-ooreenkomste af
dc.subject Surrogaatmoederskap-bevestiging af
dc.subject Surrogate motherhood agreements en
dc.subject Surrogate motherhood confirmation en
dc.subject.lcsh Surrogate motherhood -- South Africa en
dc.subject.lcsh Surrogate mothers -- South Africa en
dc.subject.lcsh Contracts -- South Africa en
dc.title Surrogate motherhood agreements and their confirmation : a new challenge for practitioners? en
dc.title.alternative Surrogaatmoederskap-ooreenkomste en hul bevestiging : ’n nuwe uitdaging vir praktyns? af
dc.type Article en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record