Internasionale reisliteratuur oor Kenia met spesifieke verwysing na die tydperk sedert onafhanklikheid in 1963

Show simple item record

dc.contributor.advisor Pretorius, F. (Fransjohan)
dc.contributor.coadvisor Grobler, Jackie
dc.contributor.postgraduate Marais, Johannes Lodewyk
dc.date.accessioned 2014-01-09T11:12:28Z
dc.date.available 2014-01-09T11:12:28Z
dc.date.created 2013-09-05
dc.date.issued 2013
dc.description Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 2013. en_US
dc.description.abstract Hierdie studie ondersoek die aard van en opvattings oor reisliteratuur oor Kenia sedert 1963. Dit is ’n faset van die literatuur oor Kenia waaroor daar tot dusver nog nie indringend navorsing gedoen en besin is nie. Reisliteratuur het ’n lang geskiedenis in Afrika. ’n Aantal boeke is gedurende die negentiende eeu oor Afrika geskryf en Kenia is nie afgeskeep nie. Onder die skrywers tel Johann Ludwig Krapf, Joseph Thomson, graaf Samuel Teleki von Szek en Luitenant Ludwig von Höhnel. Van die geografiese kenmerke van die land wat indruk op hulle gemaak het, was die sneeubedekte Berg Kenia, die mere en die Groot Skeurvallei. Gedurende die twintigste eeu was daar ’n tyd toe skrywers van mening was dat vinniger vervoermiddels en massatoerisme ’n negatiewe invloed op individuele toerisme en die sogenaamde ideale omstandighede vir die skryf van reisliteratuur sou hê. Onlangse studies beklemtoon egter die hernieude belangstelling in reisliteratuur. Buitelandse kennis oor Kenia word aangevul deur reisliteratuur, hoewel dit ook ’n genre met sy eie reëls en geskiedenis is wat insae in die skrywers, uitgewers en lesers van die genre bied. Sedert 1963 is verskillende kategorieë reisliteratuur oor Kenia gepubliseer. Bekende skrywers wat Kenia besoek het en oor hulle ervarings geskryf het, sluit in Bill Bryson, Alberto Moravia, Shiva Naipaul, Paul Theroux en Wilfred Thesiger. ’n Prominente figuur in die kader van reisliteratuur is die plaaslik gebore fotojoernalis Mohamed Amin, wat die Camerapix-fotografie- en uitgewersagentskap begin het. Kenia se eks-Britse koloniale literatuur is deel van die postkoloniale era. Dit is egter nie waar dat die meeste van die tekste deel van die postkoloniale diskoers is nie. Aangesien al die boeke buite Kenia ontstaan en gepubliseer is, veral in die Weste, weerspieël die literatuur verskillende (nie-inheemse) perspektiewe van “die ander” asook verskillende soorte sosiopolitieke invloede. Deur sowel die hulpmiddels van die geskiedenis as die literatuurteorie te gebruik, is dit moontlik om die tekste beter te verstaan. In die postmoderne era is navorsing uit meer as een perspektief van besondere waarde. Reisliteratuur oor Kenia sedert 1963 is nie deur professionele historici geskryf nie en bewys dat verskeie mense tot die hibridiese dissipline van die geskiedenis kan bydra. Al hierdie tekste is gepubliseer en beklemtoon die rol van die gepubliseerde woord. Die tekste is in verskeie kategorieë reisliteratuur in een van die Europese tale, en nie in Kiswahili of een van Kenia se inheemse tale nie, geskryf. Die boeke bevestig onder meer die belangrikheid van die Swahili-geskiedenis, die bou van die Uganda Railway, die land se onafhanklikwording in 1963, die rol van presidente Jomo Kenyatta en Daniel arap Moi en die menslike nood in Kenia. Die geskiedenis van Kenia kan nie verstaan word sonder kennis van die land se geografie en natuurlewe nie, want die kenmerke was dikwels ’n uitdaging vir die mense en het allerlei soorte oorlewingstrategieë geverg. Die landskap trek ook baie besoekers na die land toe. en_US
dc.description.availability Unrestricted en_US
dc.description.department Historical and Heritage Studies en_US
dc.description.librarian gm2013 en_US
dc.identifier.citation Marais, J.L. 2013, Internasionale reisliteratuur oor Kenia met spesifieke verwysing na die tydperk sedertonafhanklikheid in 1963 DPhil thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/32942> en_US
dc.identifier.other D13/9/985/gm en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/32942
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 2013 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_US
dc.subject Geskiedenis van Afrika en_US
dc.subject Buitelandse besoekers aan Kenia en_US
dc.subject Internasionale perspektiewe op Kenia en_US
dc.subject Jomo Kenyatta en_US
dc.subject Kenia se geskiedenis sedert 1963 en_US
dc.subject Postkoloniale literatuur en_US
dc.subject Postmodern en_US
dc.subject Reisgidse en_US
dc.subject Reisliteratuur en_US
dc.subject Geskrewe geskiedenis en_US
dc.subject UCTD en_US
dc.title Internasionale reisliteratuur oor Kenia met spesifieke verwysing na die tydperk sedert onafhanklikheid in 1963 en_US
dc.type Thesis en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record