Gedragsekologie van die oorbietjie Ourebia Ourebi Ourebi (Zimmermann, 1783) in Transvaal

Show simple item record

dc.contributor.advisor Skinner, J.D. (John Dawson), 1932-
dc.contributor.coadvisor Theron, G.K.
dc.contributor.postgraduate Viljoen, Petrus Cornelius
dc.date.accessioned 2013-11-12T11:28:27Z
dc.date.available 2013-11-12T11:28:27Z
dc.date.created 1982-04-02
dc.date.issued 1982
dc.description Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1982. en_US
dc.description.abstract Oorbietjies het vroeër regdeur die grasveldgebiede van Suider-Afrika voorgekom. Die getalle van oorbietjies het egter drasties gedurende die afgelope tyd afgeneem. Min is bekend oor hierdie spesie se ekologie en etologie. Die doelstelling van die huidige studie was om die oorbietjie se eto-etologie te ondersoek met klem op habitatsvereistes en verspreiding. Die studiegebiede naby Amsterdam en Piet Retief in Suidoos-Transvaal is uitgesoek na 'n opname regdeur die provinsie en veldwerk het gedurende Desember 1973 in aanvang geneem wat tot Julie 1976 geduur het. Die oorbietjie toon spesifieke aanpassings wat aktiwiteitspatrone, sosiale organisasie, voedingsgedrag en verdedigingsmeganismes betref sodat dit in staat gestel word om in oop grasveldgebiede te bestaan. 'n Basiese aktiwiteitspatroon kom voor waartydens oorbietjies gemiddeld 34,2% van dagligperiodes aktief is. Faktore soos reën en veeversteurings beiinvloed die aktiwiteitspatroon. Aktiwiteite in familiegroepe is grootliks gesinkroniseer. Seisoenale verskille wat die tydsverspreiding van aktiwiteitsperiode betref is waargeneem. Gedurende die winter is daar 'n toename in wei-aktiwiteite. Oorbietjies kom in familiegroepe voor bestaande uit veral pare en groepe wat deur 'n ram en twee ooie gevorrn word. Die ramme verdedig reg deur die jaar 'n territorium wat met die tuisgebied oorvleuel. Hierdie territorium word veral deur preorbitale diermerking en fekalieë afgebaken. In die Amsterdamstudiegebied is 'n gemiddelde territoriumgrootte van 34 ha gevind. 'n Enkele lam word na 'n draagtyd van ongeveer 210 dae gebore. Die lamseisoen se piek duur van November tot Januarie, en die lammers beweeg vir 'n periode van drie tot vier maande nie saam met die familiegroep nie. Tydens voeding toon oorbietjies selektiwiteit wat plantspesies sowel as verskillende plantdele betref. Oorbietjies is hoofsaaklik grasvretend alhoewel verskeie nie-grasagtige kruide ook benut word. Oorbietjie-territoriums sluit een of meer plantegroeigemeenskappe in. 'n Hoë voedsel voorkeur word vir veral Eulalia villosa, Monocymbium ceresiiforme en Hyparrhenia hirta getoon. Oorbietjies is nie van oop wateroppervlaktes vir drinkwater afhanklik nie. Die enigste bron van water is die voedselplante en neerslag soos dou of ryp op hierdie plante. Interaksies met ander wilde hoefdierspesies is beperk en geen positiewe assosiasies kom voor nie. Oorbietjies toon aanpassings wat beide primêre en sekondêre verdedigingsmeganismes betref, en vlugafstande wissel na gelang van topografie en horisontale plantdigtheid. 'n Kleiner vlugafstand word in lang grasveld aangetref as in kort grasveld. Oorbietjiedigthede van 4,56 en 2,68 oorbietjies/km2 is in die Piet Retief-en Amsterdam-studiegebiede respektiewelik gevind. Voorkeure word vir plato-uitlopers getoon terwyl oorbietjies selde op tallushange aangetref word. Menslike besetting, plantasies en landerye word grootliks vermy. Kleinskaalse bewegings kom soms voor wat deur veebewegings, algemene veldtoestand en brande beinvloed word. Duidelike voorkeure word vir gebrande veld getoon. en_US
dc.description.department Animal and Wildlife Sciences en_US
dc.description.librarian gm2013 en_US
dc.identifier.citation Viljoen, PC 1982, 'Gedragsekologie van die oorbietjie Ourebia Ourebi Ourebi (Zimmermann, 1783) in Transvaal', MSc dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <> en_US
dc.identifier.other E13/9/990/gm en_US
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/32389
dc.language.iso Afrikaans en_US
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 1982 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en_US
dc.subject Transvaal en_US
dc.subject Zimmermann, 1783 en_US
dc.subject Ourebia en_US
dc.subject UCTD en_US
dc.title Gedragsekologie van die oorbietjie Ourebia Ourebi Ourebi (Zimmermann, 1783) in Transvaal en_US
dc.type Dissertation en_US


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record