Die Britse owerheid en die burgerlike bevolking van Heidelberg, Transvaal, gedurende die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans)

Show simple item record

dc.contributor.advisor Grobler, John Edward Holloway en
dc.contributor.advisor Pretorius, F. (Fransjohan) en
dc.contributor.postgraduate Pretorius, Willem Jacobus en
dc.date.accessioned 2013-09-07T01:45:49Z
dc.date.available 2008-07-02 en
dc.date.available 2013-09-07T01:45:49Z
dc.date.created 2008-04-17 en
dc.date.issued 2008-07-02 en
dc.date.submitted 2008-07-01 en
dc.description Thesis (DPhil (History))--University of Pretoria, 2008. en
dc.description.abstract Op 23 Junie 1900 het die Britse troepe Heidelberg beset. Die rustige bestaan het vir spanning onder die burgerlikes en agterdog teenoor die Britse militêre owerheid plek gemaak. Inwoners soos ds. A.J. Louw, wat geweier het om die Eed van Neutraliteit te teken, is onverwyld uit die dorp verban. Vroue soos Issie Kriegler en Cassie O’Reilly, wat met hulle uitgesprokenheid die gramskap van die Britte ontketen het, is saam met hulle gesinne na die konsentrasiekamp by Merebank in Natal gestuur. Aangesien die beëindiging van die oorlog vir die Britse owerheid belangrik was, het distrikskommissaris J.M. Vallentin Heidelbergse wapenneerlêers gebruik om die burgers tot oorgawe te oorreed en voorstelle vir die bereiking van vrede aan die hand te doen. As deel van die verskroeide aarde-beleid is Boerevroue en kinders wat sonder heenkome was, na die blanke konsentrasiekamp op Heidelberg geneem, waar hulle getalle mettertyd tot ongeveer 2 000 aangegroei het. Die Heidelbergse kampowerhede het die aankomelinge van tente voorsien terwyl higiëniese maatreëls en mediese dienste vir liggaamlike welsyn ingestel is. Siektes het uitgebreek. Die pogings van die Britse medici om die sterftesyfer met Westerse medikasie en voorskrifte vir beter voeding aan kinders te verlaag, het allesbehalwe seepglad verloop onder meer vanweë die Boerevroue se wantroue in hulle. Voor die Anglo-Boereoorlog was die gemeentelike lewe besonder aktief. Met die Britse oorname het eredienste, bediening van die doop en katkisasie in die susterskerke op Heidelberg op 'n gereelde grondslag voortgegaan. Godsdiensoefening in die konsentrasiekamp is ook nie agterweë gelaat nie. Fasiliteite is vir die gemeentelike aktiwiteite van die drie susterskerke beskikbaar gestel. Ook het die Britse kerke op Heidelberg, die St. Ninian’s Anglican Church en die Wesleyan Methodist Church, ‘n bloeitydperk beleef, terwyl die Berlynse Sendinggenootskap sy werksaamhede gestaak het. Teen 1902 is die kampinwoners toegelaat om dienste in hulle gemeentes op die dorp by te woon. Onderwys het met die Britse besetting ‘n nuwe tydvak betree. Die kampskool het saam met die skoolgeldheffende skole en die “free schools” op die dorp daartoe bygedra om die grondslag vir ‘n Britse onderwysstelsel in Transvaal te lê. Ingevoerde Britse onderwysers het nuwe wêrelde vir die kampkinders ontsluit, wat hulle tot verdere intellektuele ontwikkeling sou aanspoor. Die kampskole, waarby ook volwassenes gebaat het, was ‘n ligpunt in die bestaan van die konsentrasiekampe. Tot onlangs was min oor die swart konsentrasiekampe in die Heidelbergdistrik bekend. Toestande in hierdie kampe het na hulle oorname deur die Departement van Naturellevlugtelinge in Junie 1901 verbeter. Swartes is deur die leër en privaat huishoudings in diens geneem. Sommige was selfversorgend deurdat hulle mielies en ander gewasse produseer het. Die swart kamp op Heidelberg se sterftesyfer was laag. Dit is waarskynlik aan die goeie werk van die mediese offisier, ene Stewart, te danke. Hervestiging van blanke en swart kampinwoners het na afloop van die oorlog in Mei 1902 gevolg. Met Britse hulp en danksy rantsoene wat aan hulle uitgereik is, kon hulle huiswaarts keer. Dit blyk dat Heidelberg se blanke konsentrasiekamp relatief goed bestuur is en vanweë sy lae sterftesyfer onder die beter kampe tel. en
dc.description.availability unrestricted en
dc.description.department Historical and Heritage Studies en
dc.identifier.citation a en
dc.identifier.other 2007 en
dc.identifier.upetdurl http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-07012008-152711/ en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/25974
dc.language.iso en
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © University of Pretoria 20 en
dc.subject Guerrillastryd en
dc.subject Native refugee department en
dc.subject Repatriation en
dc.subject Anglo-boereoorlog en
dc.subject Scorched earth policy en
dc.subject Ladies commission en
dc.subject Collaborators en
dc.subject Heidelberg en
dc.subject Department naturellevlugtelinge en
dc.subject Boererate en
dc.subject Verskroeide aarde-beleid en
dc.subject Dameskommissie en
dc.subject Blanke konsentrasiekamp en
dc.subject Hervestiging en
dc.subject Swart konsentrasiekamp en
dc.subject Kampskool en
dc.subject Hendsoppers en
dc.subject Eed van neutraliteit en
dc.subject Burger camp - white concentration camp en
dc.subject Black concentration camps en
dc.subject Anglo-boer war en
dc.subject Camp school en
dc.subject Boer remedies en
dc.subject Wapenneerlêers en
dc.subject Camp school en
dc.subject Guerrilla war en
dc.subject UCTD en_US
dc.title Die Britse owerheid en die burgerlike bevolking van Heidelberg, Transvaal, gedurende die Anglo-Boereoorlog (Afrikaans) en
dc.type Thesis en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record