Hierdie artikel beskryf die waarde van ’n gekombineerde kwantitatiewe-kwalitatiewe
benadering tot beroepsvoorligting vir ’n natuurwetenskapstudent. Die deelnemer, ’n 18-jarige
jong man, is geselekteer om deel te neem aan groepassessering en beroepsvoorligting op
grond van sy akademiese prestasies, sy begeerte om in die natuurwetenskappe te studeer en
die feit dat hy ’n benadeelde is. Die intervensie het twee fases behels: assessering en terugvoer.
Data is ingesamel met behulp van die Myers-Briggs Type Indicator, die Differential Aptitude
Tests en die Rothwell-Miller Interest Blank, sowel as kwalitatiewe tegnieke (’n collage, die
Beroepsbelangstellingsprofiel, lewenslyn, vroeë anekdotes, sowel as die lewensverhaaltegnieke).
Na afloop van die intervensie het die deelnemer verhoogde beroepsaanpasbaarheid
gedemonstreer en ’n meer aktiewe rol in sy ontluikende beroeps- en lewensverhaal begin
speel. Vyf jaar later het sy prestasies alle verwagtings oortref. Dit blyk dat ’n gekombineerde
kwantitatiewe-kwalitatiewe benadering tot beroepsvoorligting vir natuurwetenskapstudente
die potensiaal het om aan hul beroepsvoorligtingsbehoeftes te voldoen. Meer navorsing met
groot groepe studente is nodig.
This article
describes the value of a combined quantitative-qualitative approach to career counselling for
a student in the natural sciences. The participant, a 18-year old young man, was selected to
participate in group assessment and career counselling based on his academic achievements,
his expressed interest and desire to study in the natural sciences and on being from a
disadvantaged community. The intervention comprised both an assessment and a feedback
phase. Data was gathered using the Myers-Briggs Type Indicator, the Differential Aptitude Tests
and the Rothwell-Miller Interest Blank, as well as qualitative techniques (including a collage,
the Career Interest Profile, the life line, early anecdotes, as well as the life story techniques).
After the intervention, the participant demonstrated an increased career adaptability and took
a more active part in developing his career and life story. Five years later, his achievements
exceeded all expectations. A combined quantitative-qualitative approach to career counselling
for students in the natural sciences may have the potential to meet their career counselling
needs. More research with large groups of students is needed.