dc.contributor.author |
Harms, Louis T.C.
|
|
dc.date.accessioned |
2012-08-30T11:54:22Z |
|
dc.date.available |
2013-06-30T00:20:05Z |
|
dc.date.issued |
2012 |
|
dc.description.abstract |
Die gebied van die immateriële goederereg gaan onder 'n aantal beperkings gebuk wat die uitbreiding daarvan op teoreties gefundeerde gronde kniehalter. In besonder kan na die volgende faktore verwys word: die kerngebiede het weinig gemeen; daar is 'n gebrek aan 'n aanvaarbare ekonomiese teorie wat die gebied onderlê; die wettereg is irrasioneel; en die begrip "intellektuele goedere" is opgeblase.
Daarbenewens word die gebied deur politieke oorwegings en gedienstigheid oorheers - nie alleen histories nie, maar ook in die huidige tydsgewrig. Op internasionale gebied word sake beïnvloed deur die feit dat die Verenigde State van Amerika so 'n belangrike maar onaanvaarbare rol op die gebied speel.
'n Probleem is dat beginsels wat geskep is om monopolieë aan bande te lê, tans aangewend word om nuwe monopolieë te skep. Daarbenewens word beginsels wat in 'n ander tegnologiese tydvak ontwikkel is, op ander nie-gelyksoortige, tegnologieë toegepas waar hulle nie hoort nie.
Die grondslag van algemene regsbeginsels wat hulle oorsprong in die Romeinse reg vind, is ook in die algemeen in die spervuur. Regte word in alle opsigte gerelativeer. Die vraag ontstaan of die Suid-Afrikaanse grondwet sosialisties of "liberaal" is, wat die begrippe ook al mag beteken.
Die aanval op die immaterieel goederereg word van alle kante geloods en op talle aspekte daarvan. Voorbeelde uit die onlangse verlede sluit in die aanval op farmaseutiese patente en op regte ten aansien van rekenaar-sagteware. Daar is 'n duidelike verband tussen die protes teen die huidige ekonomiese bedeling en die protes teen immateriële goedere.
Met verwysing na talle onlangse insidente kan 'n mens tot die gevolgtrekking geraak dat die proletariaat die agenda dryf en dat politici nie die durf het om standpunt in te neem en leiding op beginselgrondslag te gee nie.
Aan die anderkant is daar gronde om te aanvaar dat die akkumulasie van rykdom in die hande van enkelinge as gevolg van die digitale rewolusie daartoe aanleiding gee dat ander krepeer.
Ten besluite kan verwys word na Kriwaczek wat opgemerk het dat as mense hulle geloof in 'n sisteem verloor, is die einde naby en dat dwang nie die einde kan uitstel nie. |
en_US |
dc.description.uri |
http://www.jutalaw.co.za/catalogue/itemdisplay.jsp?item_id=3648 |
en_US |
dc.identifier.citation |
Harms, LTC 2012, 'The politics of intellectual property laws', Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, no. 3, pp, 461-468. |
en_US |
dc.identifier.issn |
0257-7747 |
|
dc.identifier.uri |
http://hdl.handle.net/2263/19677 |
|
dc.language.iso |
en |
en_US |
dc.publisher |
Juta Law |
en_US |
dc.rights |
Juta Law |
en_US |
dc.subject |
Intellectual property laws |
en_US |
dc.subject |
Immateriële goederereg |
en_US |
dc.title |
The politics of intellectual property laws |
en_US |
dc.title.alternative |
Immaterieel goedereregte en politiek |
en_US |
dc.type |
Article |
en_US |