The discretionary nature of the official language clause of the Constitution

Show simple item record

dc.contributor.author Malan, Jacobus J. (Koos)
dc.date.accessioned 2012-08-07T11:10:22Z
dc.date.available 2012-08-07T11:10:22Z
dc.date.issued 2011
dc.description.abstract Die mees onderskeidende eienskap van die amptelike taalklousule, soos dit in veral artikel 6(1) tot 6(4) van die Grondwet vervat is, is die diskresionêre aard daarvan. Hierdie kwessie word met verwysing na elkeen van die vier tersaaklike subartikels ontleed. Die besonderse diskresionêre aard van die taalklousule tree eweneens op die voorgrond wanneer dit met die taalklousules van al die voorafgaande Suid-Afrikaanse grondwette vanaf die Zuid-Afrikawet tot die tussentydse grondwet van 1993 asook met tersaaklike buitelandse reg vergelyk word. Die vorige grondwette het nie alleen amptelike status aan die eertydse twee amptelike tale – Engels en Afrikaans – verleen nie, maar boonop die daadwerklike gelyke amptelike gebruik van die tale in staatsake voorgeskryf. Dit het nouliks enige beweegruimte vir ’n diskresie met betrekking tot die behandeling van die amptelike tale gelaat. Daar kan ook na talle buitelandse regsbedelings met betrekking tot taal verwys word, wat by wyse van grondwetlike en gedetailleerde wetgewende bepalings die taalregte van individue en die taalbelange van gemeenskappe omvattend beskerm. In die onderhawige bespreking word daar in die besonder na die Kanadese en die Belgiese reg in hierdie verband verwys. In teenstelling met die eertydse plaaslike bepalings en die tersaaklike buitelandse reg, word al die tersaaklike subartikels – artikels 6(1) tot 6(4) van die huidige Grondwet – gekenmerk deur vaag en wyd-geformuleerde bepalings wat die uitwerking het dat ’n diskresie deur staatsorgane wat met die amptelike tale gemoeid is uitgeoefen word. Die wyse waarop hierdie diskresie uitgeoefen word, is in die finale instansie bepalend vir die wyse waarop die amptelike tale behandel word en derhalwe vir wat amptelike taalstatus in konkrete terme vir elkeen van die amptelike tale beteken, en het oor die afgelope anderhalf dekade tot grootskaalse amptelike verengelsing gelei. Teen hierdie agtergrond het ’n omvattende taalwet dringend noodsaaklik geword. af
dc.description.librarian nf2012 en
dc.identifier.citation Malan, K 2011, 'The discretionary nature of the official language clause of the Constitution', SA Publiekreg/SA Public Law, vol. 26, pp. 381-407. en
dc.identifier.issn 0258-6568
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/19548
dc.language.iso en en_US
dc.publisher The Verloren van Themaat Centre for Public Law Studies, UNISA en_US
dc.rights The Verloren van Themaat Centre for Public Law Studies, UNISA en_US
dc.subject Grondwet af
dc.subject Official language clause en
dc.subject Amptelike taalklousule af
dc.subject.lcsh South Africa. Constitution en
dc.subject.lcsh Language policy -- South Africa en
dc.subject.lcsh Judicial discretion -- South Africa en
dc.subject.lcsh Clauses (Law) en
dc.subject.lcsh Law -- Language en
dc.title The discretionary nature of the official language clause of the Constitution en
dc.title.alternative Diskresionere aard van die amptelike taalklousule van die Grondwet af
dc.type Article en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record