The final judgment

Show simple item record

dc.contributor.author Badenhorst, P.J. (Petrus Johannes)
dc.contributor.author Olivier, N.J.J. (Nicolaas Johannes Jacobus)
dc.contributor.author Williams, Clara
dc.date.accessioned 2012-03-26T06:56:25Z
dc.date.available 2012-03-26T06:56:25Z
dc.date.issued 2012
dc.description.abstract Die dispuut tussen Bengwenyama Minerals (Pty) Ltd en Genorah Resources (Pty) Ltd ten opsigte van prospekteerregte op Bengwenyama tradisionele gemeenskapsgrond is finaal in 2010 deur die grondwetlike hof beslis, nadat appèl aangeteken is teen beide die uitsprake deur die hoë hof (2008) en die hoogste hof van appèl (2010). Die outeurs sit die agtergrond, feite en geskiedenis van dié beslissing uiteen, asook die toepaslike gedeeltes van Wet 28 van 2002 en Wet 3 van 2000 (met besondere verwysing na die regsraamwerk vir die appèl) en bespreek die nienakoming van die konsultasie-, voorleggings- en omgewingsvereistes van die minerale wetgewing van 2002. Die grondwetlike hof se opmerkings oor (a) die ongelyke behandeling deur die departement van minerale hulpbronne en (b) diskresionêre remedies, word uitgelig, gevolg deur 'n bespreking van die hofbevel. Die artikel bevat ook 'n ontleding van die beslissing by wyse van 'n vergelyking tussen die drie uitsprake asook 'n bespreking van die wysigings vervat in Wet 49 van 2008 welke wysigingswet nog nie in werking getree het nie. Die grondwetlike hof het dit duidelik gemaak dat, alhoewel die gemeenskap nie vir 'n preferente reg om te prospekteer aansoek gedoen het vêêr die aansoek deur die betrokke derde party om 'n prospekteerreg nie, die gemeenskap nie benadeel mag word deur die aansoek nie. In die toekoms sal 'n gemeenskap in sekere gevalle 'n geleentheid gegun moet word om aansoek te doen vir 'n preferente reg om te prospekteer nádat 'n aansoek om 'n prospekteerreg deur 'n derde party by die departement ingedien is. So verseker die grondwetlike hof dat die regte van gemeenskappe beskerm word ten opsigte van (a) die gebruik van hul gemeenskapsgrond en (b) die statutêr omskrewe preferente reg wat aan die gemeenskap toegeken kan word om prospekteerregte te bekom. Hierdie direkte beskerming deur die grondwetlike hof kan egter 'n negatiewe impak hê op beleggersvertroue in Suid-Afrika, aangesien 'n belegger se aansoek om 'n prospekteerreg te bekom moontlik vir jare kan sloer indien die regte op gemeenskapsgrond van toepassing is en die gemeenskap nog nie om 'n preferente reg aansoek gedoen het nie. Die outeurs sluit die opsomming van die uitspraak af met 'n kort bespreking van die reaksie op die grondwetlike hof se uitspraak en 'n aantal kort samevattende opmerkings en aanbevelings. af
dc.description.librarian nf2012 en
dc.description.uri http://www.jutalaw.co.za/catalogue/itemdisplay.jsp?item_id=3648 en_US
dc.identifier.citation Badenhorst, PJ, Olivier, NJJ & Williams, C 2012, 'The final judgment', Journal of South African Law/Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, no. 1, pp. 106-129. en
dc.identifier.issn 0257-7747
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/18509
dc.language.iso en en_US
dc.publisher Juta Law en_US
dc.rights Juta Law. This article is embargoed by the publisher until July 2012. en
dc.subject Bengwenyama Minerals (Pty) Ltd en
dc.subject Genorah Resources (Pty) Ltd en
dc.subject Legal dispute en
dc.subject.lcsh Dispute resolution (Law) en
dc.subject.lcsh Constitutional courts en
dc.subject.lcsh Prospecting en
dc.title The final judgment en
dc.title.alternative Laaste beslissing af
dc.type Article en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record