Application of a food-based dietary guideline as nutrition strategy in creches to enhance vitamin A consumption

Show simple item record

dc.contributor.author Kwinda, Pfanani Charlotte
dc.contributor.author Van der Spuy, Esther
dc.contributor.author Viljoen, Annemarie T.
dc.date.accessioned 2012-01-30T06:58:06Z
dc.date.available 2012-01-30T06:58:06Z
dc.date.issued 2011
dc.description This article is based on a Master's study in Consumer Science at the University of Pretoria by PC Kwinda under the supervision of Ms Esther van der Spuy and co-supervision of Dr Annemarie Viijoen. en_US
dc.description.abstract Kinders in ontwikkelende lande, oorleef op diete wat min of geen verskeidenheid toon, gevolglik word die inname van nutriënte wat vereis word vir groei, ontwikkeling en gesondheid nie voldoende voorsien nie. Die afwesigheid of ongereelde inname van vars groente en vrugte, veral vitamien A ryke groente en vrugte, wek kommer, aangesien 'n gebrek aan vitamien A nie net kinders se immuniteit, maar veral hul groei en ontwikkeling belemmer. Daar word beraam dat 21% van die kinders jonger as ses jaar in Suid-Afrika, daagliks vir tussen nege en tien ure gedurende weeksdae in die sorg van crèches gelaat word. Die voedingswaarde van die maaltye wat daar aan hierdie kinders verskaf word, het dikwels ook 'n tekort aan mikronutriënte, waarvan vitamien A een is. Gebrekkige vitamien A inname word huidiglik as een van die vernaamste voedingprobleme in Suid-Afrika onder kinders gereken. Onvoldoende diëte as gevolg van 'n beperkte verskeidenheid en beskikbaarheid, tesame met onvoldoende kennis van optimale voedingpraktyke van versorgers by crèches is onderliggende faktore wat verder bydra tot die probleem. 'n Kwantitatiewe studie is gedurende April - September 2007 in die Thulamela munisipale gebied in Venda, Limpopo provinsie onderneem. Die doel van die studie was om voedingstrategiëe vir crèches te ontwikkel en implementeer, ten einde crèche kinders se in name van vitamien A ryke vrugte en groente te verbeter met behulp van die amptelik erkende Suid-Afrikaanse voedsel-gebaseerde dieetriglyne. Deur gebruik te maak van 'n gerieflikheidssteekproef, het 100 versorgers van 20 crêches in die studie-area ingestem om aan die studie deel teneem. Die navorsingsproses is in drie fases, volgens die trippel A siklusbenadering (assessering, analise en aksie), ooreenstemmend met aksienavorsing gestruktureer. Fase een het 'n situasie assessering en analise ingesluit, waar basislyn data oor die respondente, hul voedingkennis en die maaltye wat voorsien is, ingesamel is. Beperkinge wat tot die probleem bygedra het, is uitgewys en daar is bevind dat die kinders se inname van vitamien A ryke groente en vrugte beperk was. Die gebrek aan kennis en inligting oor vitamien A, gekoppel aan die onbeskikbaarheid en ontoegangklikheid van voedsel, wat verder toegeskryf kan word aan gebrekkige voedselproduksie en die bekostigbaarheid van voedsel, was van die vernaamste bevindinge. Voedselbereiding, -berging en -preservering het verdere uitdagings aan diegene in beheer van crèches gestel. Deur gebruik te maak van bewese gedokumenteerde studies en die bevindinge van fase een, is voedingstrategiee ontwikkel en in fase twee geimplimenteer. Opleiding in die vestiging en instandhouding van groentetuine by crêches asook demonstrasies oor hoe om die beskikbaarheid en gebruik van verboude sowel as nie-verboude vitamien A ryke groente en vrugte te verbeter, is by elkeen van die 20 crêches gegee. Opleiding in spyskaartbeplanning en voedselbereiding is ook aangebied en die konsep van die voedsel-gebaseerde dieetriglyn "eet volop vrugte en groente elke dag" is terselfdertyd aan die respondente bekend gestel, aangesien dit 'n integrale deel van die ontwikkelde voedingstrategiëe gevorm het. Opvolgdata ingesamel in fase drie, het 'n betekenisvolle verbetering in die respondente se kennis en vaardighede getoon. Die beskikbaarheid, toegangklikheid en gebruik van vitamien A ryke groente en vrugte het noemenswaardig verbeter. Volhoubare groentetuine, voorafbeplande spyskaarte en korrek voorbereide maaltye was tasbare bewyse dat groente en vrugte meer dikwels aan die kinders bedien is. Die resultate bewys voorts dat deur die implimentering van relatief eenvoudige voedingstrategieë die in name van groente en vrugte verbeter kan word. af
dc.description.librarian nf2012 en
dc.description.uri http://www.up.ac.za/saafecs/ en_US
dc.description.uri http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-06272011-094013/ en_US
dc.identifier.citation Kwinda, PC, Van der Spuy, E & Viljoen, AT 2011, 'Application of a food-based dietary guideline as nutrition strategy in creches to enhance vitamin A consumption', Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe, vol 39, pp. 56-67. en
dc.identifier.issn 0378-5254
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/17920
dc.language.iso en en_US
dc.publisher South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en_US
dc.rights South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en
dc.subject.lcsh Preschool children -- Nutrition -- South Africa -- Venda -- Evaluation en
dc.subject.lcsh Vitamin A in human nutrition -- South Africa -- Venda en
dc.subject.lcsh Nutrition counseling -- South Africa -- Venda en
dc.subject.lcsh Dietary supplements -- South Africa -- Venda en
dc.subject.lcsh Vitamin A deficiency in children -- South Africa -- Venda en
dc.title Application of a food-based dietary guideline as nutrition strategy in creches to enhance vitamin A consumption en
dc.type Article en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record