Residents' reflection on tenure in security estates in South Africa

Show simple item record

dc.contributor.author Le Roux, Neoline
dc.contributor.author Erasmus, Alet C. (Aletta Catharina)
dc.date.accessioned 2011-11-09T11:16:21Z
dc.date.available 2011-11-09T11:16:21Z
dc.date.issued 2011
dc.description.abstract Baie Suid-Afrikaanse gesinne het in onlangse jare uit vrees vir misdaad na sekuriteitsontwikkelings verhuis eerder as om groot uitgawes aan te gaan om huise in oop woongebiede beter te beveilig. Vir diegene wat dit kan bekostig het verblyf in 'n sekuriteitskompleks terselfdertyd geleentheid gebied om 'n bepaalde leefstyl en verhoogde status te bekom. Hierdie verkennende studie het 205 respondente van beide geslagte wat in sekuriteitskomplekse in hoër sosio-ekonomiese gebiede in Tshwane woon betrek. Hulle het 'n gestruktureerde vraelys voltooi wat ten doel gehad het om ondersoek in te stel na redes waarom hulle in 'n sekuriteitskompleks gaan woon het asook hulle na-aankoopevaluering van die tipe verblyf om die voor- en nadele wat hierdie tipe behuising inhou te kan beskryf. Data-insameling is bemoeilik deur die ontoeganklikheid van sekuriteitskomplekse dus moes daar noodgedwonge van gerieflike steekproefneming gebruik gemaak word. Dit was geen verrassing toe veiligheid en sekuriteit aangedui is as die belangrikste beweegredes waarom hulle na 'n sekuriteitskompleks verhuis het nie hoewel die indrukwekkendheid van hierdie ontwikkelings ook bepalend was. Respondente was glad nie geneë om in die toekoms 'n vrystaande huis buite 'n sekuriteitskompleks te oorweeg nie. Hierdie studie bevestig dus 'n baie positiewe na-aankoop evaluering van behuising in sekuriteitskomplekse. Respondente het hierdie tipe verblyf as 'n soort utopia ervaar waar hulle die bekommernis oor onderhoud- en bestuurskwessies gespaar is. Hulle was ook baie positief oor die sogenaamde uniekheid van die komplekse waarin hulle gewoon het; beskikbare spasie; veiligheid en sekuriteit wat tot hulle welsyn bydra asook goeie buurmanskap. Negatiewe aspekte wat deur middel van die projektiewe tegniek na vore gekom het en wat deur voornemende kopers in ag geneem behoort te word sluit onder meer gebrek aan privaatheid in (erwe is dikwels klein en huise word soms baie na aan mekaar gebou) asook die langtermyn finansiële implikasies wat maandelikse heffings inhou omdat dit bekostigbaarheid in gedrang bring. Positiewe eienskappe het egter vir hierdie negatiewe aspekte gekompenseer. af
dc.description.uri http://www.up.ac.za/saafecs/ en_US
dc.identifier.citation Le Roux, N & Erasmus, AC 2011, 'Residents' reflection on tenure in security estates in South Africa', Journal of Family Ecology and Consumer Sciences, vol. 39, pp. 19-32. en
dc.identifier.issn 0378-5254
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/17548
dc.language.iso en en_US
dc.publisher South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en_US
dc.rights South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences en
dc.subject Security estates en
dc.subject Sekuriteitskomplekse af
dc.subject Residential security en
dc.subject.lcsh Human security -- South Africa en
dc.subject.lcsh Land tenure -- South Africa en
dc.subject.lcsh Housing -- Resident satisfaction -- South Africa en
dc.subject.lcsh Dwellings -- Security measures -- South Africa en
dc.title Residents' reflection on tenure in security estates in South Africa en
dc.type Article en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record