This article has a threefold purpose. Firstly, it reconstructs the events that took place on
6 February 1838 when the Voortrekker leader Piet Retief and his companions were
massacred at Mgungundlovu, the stronghold of the Zulu king, Dingane. Secondly it
analyses the reasons that could have convinced Dingane that it would be wise to order
his warriors to kill Retief and his men; and thirdly, it sets out to establish the historical
significance of the massacre. Afrikaans historians in particular have traditionally
portrayed Retief and his men as the victims of unpardonable treachery on the part of an
evil barbarian. This article shows that the massacre was indeed a vile act; the brutality and
the sly, underhanded way in which it was planned and executed is unjustifiable. On the
other hand, the article points out that Dingane was certainly justified to look upon the
Voortrekkers as a grave threat to the sovereignty of his kingdom. He and his councillors
had reason to regard the unsuspecting Retief and his companions as invaders. The
massacre can therefore be regarded as the first salvo in what became a two-year battle for
supremacy between Zulu and Voortrekker in southern KwaZulu-Natal.
Hierdie artikel het ’n drievoudige doelwit: eerstens ’n rekonstruksie van die gebeure toe
die Voortrekkerleier Piet Retief en sy metgeselle op 6 Februarie 1838 by Mgungundlovu,
die vesting van die Zoeloekoning Dingane, afgemaai is; tweedens ’n ontleding van die
redes waarom die Zoeloekoning gereken het dat dit wys sal wees om Retief en sy
metgeselle te laat vermoor; en derdens ’n bepaling van die historiese betekenis van die
gebeure. Veral Afrikaanse historici het tradisioneel vir Retief en sy manne kortweg
uitgebeeld as die slagoffers van onverdedigbare verraderlikheid van die kant van ’n bose
barbaar. Hierdie artikel beeld ook die bloedbad as ’n verskriklike gebeurtenis uit en die
brutaliteit en gemeenheid van die beplanning en uitvoering daarvan as onregverdigbaar.
Aan die ander kant word daar aangetoon dat Dingane beslis gronde gehad het om die
Voortrekkers as ’n ernstige bedreiging vir die soewereiniteit van sy koninkryk te beskou.
Hy en sy raadgewers het rede gehad om Retief, wat deur sy goedgelowigheid in hulle
hande gespeel het, en sy manne as invallers te beskou. Die bloedbad kan gevolglik
beskou word as die eerste salvo in wat ’n twee-jaar-lange stryd om oppergesag tussen
Zoeloe en Voortrekker in die suide van KwaZulu-Natal geword het.