This article forms the second part of a two-part study of the short story cycle in Afrikaans with the main purpose being to investigate autonomy and coherence as generic markers in Die dag toe ek my hare losgemaak het by Willemien Brümmer. In the previous article ("Generic markers in the short story cycle: Part 1: Theoretical foundations"), some issues pertaining to the short story cycle were discussed. First, it was shown that the Afrikaans term eenheidsbundel (unified volume of short stories) is an umbrella term for three types of linked short story volumes that can be distinguished based on the level of tension between autonomy and coherence, namely the short story cycle, unified volume of short stories and short story sequence. Secondly, a number of theoretical issues pertaining to the short story cycle were discussed using Ingram (1971), Mann (1989), Dunn and Morris (1995), Kennedy (1995), Lundén (1999) and Nagel (2004). The different approaches (authorcentred, readercentred and textcentred) to the short story cycle were discussed. It was argued that a textcentred approach is the most functional for this textual form, as the most important characteristic of this genre is the tension between the autonomous shorter texts and the coherence of the volume. The generic possibilities of the short texts that create the larger whole were illuminated and it was shown that a combination of the views of Dunn and Morris (1995) and Mann (1989) offer a useful demarcation of the short texts comprising a cycle. Different descriptive terms for this genre were evaluated and it was found that the concept of a cycle offers a useful way of understanding the nature of autonomy and coherence in this genre. Based on the critical review, six conventions of the short story cycle were identified.
Hierdie artikel vorm die tweede deel van ’n studie oor die kortverhaalsiklus in
Afrikaans, met spesifieke verwysing na Die dag toe ek my hare losgemaak het (2008) van
Willemien Brümmer. In die eerste deel van hierdie studie (“Generiese merkers in die
kortverhaalsiklus: Deel 1: Teoretiese uitgangspunte”) is aandag gegee aan die
onderskeid tussen eenheidsbundels en kortverhaalsiklusse en is daar uitgebrei op die
beskouings van Ingram (1971), Mann (1989), Dunn en Morris (1995), Lundén (1999) en
Nagel (2004). In hierdie artikel word drie van die koherensiemerkers wat volgens Dunn
en Morris (1995) as skakels tussen tekste in ’n kortverhaalsiklus kan funksioneer,
naamlik die enkele protagonis, ruimte en tekstuele patrone, as vertrekpunt gebruik om
te bepaal wat die effek van die spanning tussen die outonome kortverhale en die groter
siklus in Die dag toe ek my hare losgemaak het is. Die assosiatiewe verbande tussen die
verhale skep “dynamic patterns of recurrence and development” (Ingram 1971:20)
waardeur spesifieke temas ontwikkel. Sentraal is die ontwikkelingsproses van ’n enkele
protagonis, ’n verhaalgegewe wat meestal met die romanvorm geassosieer word. Deur
tydspronge, ingeperkte vertelde tyd en eenlynigheid van handeling word ’n effek
verkry wat soortgelyk is aan die kenmerkende organisasie van die kortverhaal in die
hantering van ’n narratiewe struktuur en inligtingsvolumes wat met die roman
geassosieer word. Daar word aangevoer dat Die dag toe ek my hare losgemaak het dus nie
bloot as ’n afgewaterde vorm van die roman of as ’n sterk eenheidsbundel beskou kan
word nie, maar as ’n tekstuele gegewe wat tot ’n afsonderlike genre behoort.
Gesamentlik poog hierdie twee artikels om ’n bydrae te lewer tot “’n beskrywing van
en terminologie vir die genre in Afrikaans” (Snyman 2011) deur eerstens ’n kritiese
oorsig van internasionale beskouings oor die kortverhaalsiklus-genre te bied en
tweedens ’n toepassing daarvan aan die hand van ’n Afrikaanse voorbeeld te
onderneem.