'n Kritiese evaluering van die Suid-Afrikaanse Lugmag in die Tweede Wereldoorlog (Afrikaans)

Show simple item record

dc.contributor.advisor Heidenrych, D.H. en
dc.contributor.postgraduate Wandrag, Nico en
dc.date.accessioned 2013-09-07T07:12:17Z
dc.date.available 2010-07-26 en
dc.date.available 2013-09-07T07:12:17Z
dc.date.created 1987-09-01 en
dc.date.issued 2010-07-26 en
dc.date.submitted 2010-07-26 en
dc.description Thesis (DPhil)--University of Pretoria, 2010. en
dc.description.abstract AFRIKAANS: Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die Suid-Afrikaanse Lugmag op verskeie fronte aktief aan die oorlog deelgeneem. Afgesien van maritieme operasies langs die Afrikaanse kus en die vervoer van personeel en voorrade in Afrika en Europa, het die Suid-Afrikaanse Lugmag in drie oorlogsarenas in Oos-Afrika, Noord-Afrika en die Middellandse Seegebied opgetree. Die vraag ontstaan egter: in hoe ‘n mate het die Suid-Afrikaanse Lugmag hulle van hul taak gekwyt? Was die operasies wat hulle uitgevoer het effektief en in welke mate het hulle ‘n bydrae tot die uiteindellke onderwerping van die Spilmoondhede gelewer? Om ‘n antwoord op hierdie vrae te kry, is die optrede van die verskillende Suid-Afrikaanse Lugmageskaders onder die loep geneem. Operasionele krygsvlugte is ontleed en die bydrae van die lugmag in die oorlog is na waarde geskat. Dit is dus duidelik dat dit hier nie bloot om ‘n chronologiese beskrywing van die rol van die Suid-Afrikaanse Lugmag gedurende die Tweede Wêreldoorlog gaan nie, maar veel eerder om ‘n evaluering van hulle werkswyse, operasionele vernuf en doelmatigheid. Nadat die bydraes van die onderskeie Suid-Afrikaanse eskaders ontleed is, het die ondersoeker tot die volgende slotsom geraak. In die eerste plek het die Suid-Afrikaanse Lugmag gedurende die oorlog tot ‘n gedugte gevegsmag ontwikkel wat die vyand die stryd op alle terreine met moderne toerusting sou aansê. In die tweede plek het die Lugmag 'n substantiewe bydrae tot die vernietiging van die Spilmoondhede se magte gelewer. In Oos- en Noord-Afrika sowel as in die Middellandse Seegebied het die Suid-Afrikaanse eskaders uitgemunt in die ondersteuning van land- en seemagoperasies terwyl hulle ook instrumenteel in die verkryging van lugsuperioriteit was. Dit was egter nie alleen die eskaders wat aan die oorlogsfront suksesvol was nie. Eweneens het eskaders belas met maritieme verkenningsvlugte en die vervoer van voorrade ook met eer uit die stryd getree. In sy wese handel dit in die geskiedenis om die verhaal van die mens: sy stryd, sy prestasies, sy oorwinnings; ook sy teleurstellings en sy nederlae. Dit is ook waar ten opsigte van die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Lugmag. Die tydperk onder bespreking gee egter meer blyke van prestasie as teleurstelling, meer blyke van oorwinning as nederlaag met betrekking tot werklike oor logsdeelname maar meer so betreffende persoonlike taakvervulling. Dit kan toegeskryf word aan individuele deursettingsvermoe, ywer, toewyding en idealisme ¬eienskappe wat dien tot herinnering maar ook tot besieling vir toekomstige geslagte. ENGLISH: The South African Air Force actively participated on different fronts during the Second World War. Apart from maritime operations along the African coast and the transport of personnel and material in Africa and Europe, they also operated in three theatres of war in East Africa, North Africa and the countries bordering the Central Mediterranean. However, the question now arises how effective these operations were and to which extent the South African Air Force contributed towards the ultimate destruction of the Axis Powers. To answer these questions the different operations of the Air Force Squadrons during the war were analized and evaluated. The researcher arrived at the following conclusions: In the course of the war the South African Air Force played a substantial role in the subjugation of the Axis Powers. In Eastern and Northern Africa, as well as in the Mediterranean area, the South African Squadrons excelled in assisting land and sea force operations while they were also instrumental in the attainment of air superiority. At the same time squadrons involved in maritime reconnaissance and transportation also took honours for their efforts. This magnificent record was achieved through supreme courage, fortitude and idealism on the part of the men and women involved. South Africa could therefore be justly proud of the more than 44 000 men who volunteered for service in the South African Air Force during the war. en
dc.description.availability unrestricted en
dc.description.department Jurisprudence en
dc.identifier.citation Wandrag, N 1987, ’n Kritiese evaluering van die Suid-Afrikaanse Lugmag in die Tweede Wereldoorlog, DPhil thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd < http://hdl.handle.net/2263/26681 > en
dc.identifier.other H904/ag en
dc.identifier.upetdurl http://upetd.up.ac.za/thesis/available/etd-07262010-101720/ en
dc.identifier.uri http://hdl.handle.net/2263/26681
dc.language.iso en
dc.publisher University of Pretoria en_ZA
dc.rights © 1987 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria. en
dc.subject South african air force during the second world wa en
dc.subject UCTD en_US
dc.title 'n Kritiese evaluering van die Suid-Afrikaanse Lugmag in die Tweede Wereldoorlog (Afrikaans) en
dc.type Thesis en


Files in this item

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record