Aligning school governance and the law : Hans Visser on education cases and policy

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Beckmann, Johan L.

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Die artikel is gebaseer op ’n huldigingslesing vir wyle professor PJ (Hans) Visser wat op 2007-07-27 by die Universiteit van Pretoria gelewer is. Professor Visser was ’n baanbreker in onderwysreg en die artikel neem slegs ’n gedeelte van sy werk oor onderwysreg in oënskou. Die bydrae toon aan dat sy werk dikwels oor die wanbelyning tussen die reg en skoolbeheer gehandel het. Ter aanvang word die konsep “belyning” omskryf waarna die oorsake van wanbelyning aan die orde gestel en ’n “katalogus” van voorbeelde van wanbelyning aangebied word. Visser se behandeling van wanbelyning voortspruitend uit algemene beleid oor die onderwys word daarna kortliks bespreek. Die bespreking word gevolg deur ’n ondersoek na sy analise van wanbelyning ten opsigte van skoolbeheer per se en ten opsigte van die rol van ouers en leerders in skoolbeheer in die besonder. Ten slotte, word sy voorstelle vir die hersiening van die Skolewet van 1996 onder die loep geneem, voordat enkele aanbevelings gemaak word oor hoe sy nalatenskap gedenk kan word.

Description

Keywords

School governance, Education law, Hans Visser, School governing bodies

Sustainable Development Goals

Citation

Beckmann, J 2007, 'Aligning school governance and the law : Hans Visser on education cases and policy', De Jure, vol. 2, no. 40, pp. 205-221. [www.lexisnexis.co.za]