Revisiting the application of the doctrine of common purpose in the context of rape S v Tshabalala 2020 2 SACR 38 (CC)

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Stevens, G.P. (Geert Philip)
Carstens, Pieter Albert, 1960-

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Die leerstuk van gemeenskaplike oogmerk is goed gevestig binne die raamwerk van die substantiewe strafreg in Suid-Afrika. Die leerstuk vind algemeen toepassing waar meer as een individu saam 'n misdaad pleeg. Die leerstuk het veral toepaslik geword binne die konteks van materieel omskrewe misdrywe soos moord, waar die element van oorsaaklikheid moeilik is om te bewys. In sodanige gevalle word die handeling van een individu aan die ander toegedig deur middel van die aanwending van die leerstuk van gemeenskaplike oogmerk. Die leerstuk is ook al toegepas met verwysing na misdrywe soos roof en aanranding. Die vraag of hierdie leerstuk aanwending kan vind binne die konteks van die misdaad verkragting bly egter problematies. In hierdie aantkening word die onlangse Konstitusionele Hof uitspraak waar die hof bevind het dat die leerstuk wel aanwending vind binne die konteks van gemeenregtelike verkragting, krities oorweeg. Die leerstuk van gemeenskaplike oogmerk word ge-evalueer binne die konteks van die omskrywingsaard van die misdaad verkragting beide gemeenregtelik en statuter. Ten slotte word argumente voorgehou ter onsdersteuning van die standpunt dat die leerstuk nie aanwending kan vind binne die konteks van of gemeenregtelike verkragting, of statutere verkragting soos dit tans daar uitsien nie.

Description

Keywords

Revisiting, Doctrine, Rape, Herbesoek, Leerstuk, Verkragting

Sustainable Development Goals

Citation

Stevens, G.P. & Carstens, P.A. 2021, 'Revisiting the application of the doctrine of common purpose in the context of rape S v Tshabalala 2020 2 SACR 38 (CC)', Journal of Contemporary Roman Dutch Law / Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 84, no. 2, pp. 253-264.