Owerheidsaanspreeklikheid vir skade veroorsaak deur slaggate in openbare paaie. McIntosh v Premier, KwaZulu-Natal 2008 6 SA 1 (HHA)

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Scott, Johan (T. Johan)

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Juta Law

Abstract

Naas biltong, braaivleis en sonskyn is slaggate op ons openbare weë sekerlik te bestempel as een van die bekendste (moderne) kenmerke van ons mooi land! Vir enigiemand wat maar slegs matig gebruik maak van die Suid-Afrikaanse padnetwerk, nie alleen in afgeleë gebiede nie, dog in die besigste metropolitaanse omgewings, sal hierdie stelling nie vreemd opval nie. Owerhede wat die verantwoordelikheid dra vir die bou en instandhouding van openbare paaie skyn ook op hoogte hiervan te wees, indien die proliferasie van slaggat-waarskuwingsborde voor oë gehou word: regsadviseurs vir hierdie liggame is oënskynlik terdeë bewus van die verpligtinge wat op hul werkgewers rus ten einde deliktuele aanspreeklikheid te vermy vir die doodslag, beserings en/of vermoënsverlies wat die gevolg mag wees van 'n ongeluk wat te wyte is aan die feit dat 'n bestuurder 'n slaggat getref of probeer vermy het.

Description

Keywords

Owerheidsaanspreeklikheid, Skade, Slaggate openbare paaie, Road potholes

Sustainable Development Goals

Citation

Scott, J 2009, 'Owerheidsaanspreeklikheid vir skade veroorsaak deur slaggate in openbare paaie. McIntosh v Premier, KwaZulu-Natal 2008 6 SA 1 (HHA)', Journal of South African Law/Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, vol. 2, pp. 392-406. [http://www.jutalaw.co.za/catalogue/itemdisplay.jsp?item_id=3601]