Can the National Credit Act by agreement be made applicable to (excluded) juristic persons?
Loading...
Date
Authors
Renke, Stefan
Coetzee, Hermie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LexisNexis
Abstract
Kan die National Credit Act 34 van 2005 deur ooreenkoms tussen die partye van
toepassing gemaak word op ’n kredietooreenkoms wat buite die toepassingsgebied
van die Wet val?
Die artikel handel oor die vraag of die National Credit Act 34 van 2005 (die Wet) by wyse
van wilsooreenstemming deur die partye tot ’n kredietooreenkoms op hulle ooreenkoms
van toepassing gemaak kan word onder omstandighede waar die Wet, volgens die bepalings
daarvan, nie op die ooreenkoms van toepassing is nie. Die vraag is tersaaklik in die
lig van teenstrydige hofbeslissings in dié verband. Die vraag word ondersoek aan die hand
van die toepassing van die Wet op borgooreenkomste, die uitsluiting van sommige regspersoon-
verbruikers van die toepassingsveld van die Wet, die doelstellings van die Wet en
die belang van laasgenoemde wanneer die Wet uitgelê word, asook ’n opsomming en bespreking
van gemelde beslissings. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die
onderhawige vraag bevestigend beantwoord moet word onderhewig daaraan dat daar van
die beginsels van inlywing deur inkorporasie gebruik gemaak word.
Description
Keywords
National Credit Act 34 of 2005, Credit agreement, Consumer credit legislation
Sustainable Development Goals
Citation
Renke, S & Coetzee , H 2014, 'Can the National Credit Act by agreement be made applicable to (excluded) juristic persons?', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 77, no. 4, pp. 567-585.