Die regsgeldigheid van verpligte arbitrasie by geskille oor die gebruik van verbode middels in sport

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Cornelius, Steve J.

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Juta Law

Abstract

Sport het gedurende die afgelope eeu ontwikkel in ’n enorme internasionale bedryf wat jaarliks nagenoeg R10 triljoen beloop (Andreff Globalisation of the Sports Economy (2008) 14). Maar dit is ook ’n bedryf wat waarskynlik meer as enige ander bedryf vandag verval in bykans eindelose skandale wat die integriteit en volhoubaarheid van sport in die algemeen in gedrang bring. Aantygings van korrupsie en wanbestuur op die hoogste vlakke van sport, wedstrydknoeiery, onwettige dobbelary, grootskaalse dwelmmisbruik en ernstige wangedrag op die speelveld en elders, is legio en wil maar net nie te ruste gelê word nie. Geen land of sportsoort is skynbaar immuun teen skande nie. Sport is weliswaar vandag op bykans alle vlakke onder beleg, maar wanneer die legitimiteit van instellings wat daargestel is om die integriteit van sport te beskerm, bevraagteken word, begin sport as bedryf werklik wankel en loop dit gevaar om van alle geloofwaardigheid ontbloot te word.

Description

Keywords

Sport, Verbode middels, Verpligte arbitrasie, Regsgeldigheid, Korrupsie, Wanbestuur, Wedstrydknoeiery, Onwettige dobbelary, Dwelmmisbruik, Ernstige wangedrag

Sustainable Development Goals

Citation

Cornelius, S 2015, 'Die regsgeldigheid van verpligte arbitrasie by geskille oor die gebruik van verbode middels in sport', Journal of South African Law / Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, no. 2, pp. 443-453.