Kursoriese historiese terugblik op skadevergoeding met spesifieke verwysing na suiwer vermoënskade in die Suid-Afrikaanse reg
Loading...
Date
Authors
Lotz, D.J. (Dirk Johannes)
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Southern African Society of Legal Historians
Abstract
In hierdie artikel word die ontstaan en ontwikkeling van skadevergoeding in historiese perspektief gestel deur middel van 'n chronologiese ondersoek van die gemenereg. Hierdie ondersoek strek vanaf die klassieke Romeinse tydperk - met inagneming van die insette wat die glossatore, pandektiste en Romeins- Hollandse reg gelewer het - tot ongeveer 1910 in die Suid-Afrikaanse reg. Aspekte wat onder meer aandag sal geniet, is prosesregtelike, gemeenregtelike, Duitse (veral met betrekking tot die Differenztheorie en sommeskadeleer) en Engelsregtelike beïnvloeding van die Suid-Afrikaanse skadevergoedingsreg. Verder sal gekyk word na id quod interest, interesse, damnum, quantum-bepaling en skadebeperkende kriteria. Hieruit sal gepoog word om die grondslag van die hedendaagse Suid-Afrikaanse skadevergoedingsreg te bepaal.
Description
Keywords
Skadevergoeding, Gemenereg
Sustainable Development Goals
Citation
Lötz, DJ 2007, ''n Kursoriese historiese terugblik op skadevergoeding met spesifieke verwysing na suiwer vermoënskade in die Suid-Afrikaanse reg', Fundamina: A Journal of Legal History, vol. 13, no. 2, pp. 75-98. [http://www.unisa.ac.za/default.asp?Cmd=ViewContent&ContentID=20119]