The impact of the National Credit Act 34 of 2005 on standard acknowledgements of debt

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Van Heerden, C.M. (Corlia)

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (die NKW of Wet) is op ’n veel wyer reeks kredietooreenkomste van toepassing as sy voorganger, die Wet op Kredietooreenkomste 75 van 1980, wat net op afbetalingsverkoopsooreenkomste en huurooreenkomste van toepassing was, en is ook nie soos voormelde wet aan ’n monetêre plafon onderhewig nie. Die omvattende beskerming wat die NKW bied word verder uitgebrei deurdat artikel 8(4)(f) van die Wet voorsiening maak dat benewens die benoemde krediettransaksies gelys in artikel 8(4)(a) tot (e) van die Wet, enige ander ooreenkoms, anders as ’n kredietfasiliteit of kredietwaarborg, waarkragtens betaling van ’n bedrag verskuldig deur een persoon aan ’n ander uitgestel word en enige heffing, fooi of rente betaalbaar is aan die kredietverskaffer ten aansien van die ooreenkoms of die bedrag wat uitgestel is, as ’n krediettransaksie vir doeleindes van die NKW kwalifiseer. In die praktyk gebeur dit dikwels dat ’n skuldeiser aan wie ’n skuldenaar ’n bedrag geld verskuldig is op grond van ’n bestaande skuld, vanweë die skuldenaar se onvermoë om die skuld te betaal op die datum soos aanvanklik ooreengekom, die skuldenaar akkommodeer deur ’n standaardskulderkenning met hom aan te gaan ten einde afbetaling van die skuld in paaiemente en teen heffing van rente en ander koste te reël. Die doel van hierdie bydrae is om vas te stel of ’n standaardskulderkenning aangegaan op of na 1 Junie 2007 wel as ’n artikel 8(4)(f) krediettransaksie kwalifiseer, die gevolge van toepassing van die NKW op sodanige skulderkenning uit te wys en voorstelle te maak om sodanige skulderkenning buite die toepassingsgebied van die Wet te plaas.

Description

Keywords

National Credit Act 34 of 2005, Nasionale Kredietwet 34 van 2005, Standaardskulderkennings, Acknowledgements of debt

Sustainable Development Goals

Citation

Van Heerden, C 2011, 'The impact of the national credit act 34 of 2005 on standard acknowledgements of debt', Journal of Contemporary Roman Dutch Law/Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, vol. 74, no. 4, pp. 644-659.