n Orientasievektor-meetmetode om die vorms van plat figure te beskryf en te vergelyk, soos toegepas op vrug- en blaarprofiele van 'n aantal mangocultivars

Loading...
Thumbnail Image

Date

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

n Metode is uiteengesit vir die beskrywing en vergelyking van die vorms van plat figure tot in die fynste besonderhede, en daar is gerapporteer oor die suksesvolle toepassing daarvan op die vrug- en blaarprofiele van 'n aantal mangocultivars. Die doel hiervan is die kwantifisering van vormkenmerke wat vir cultivaronderskeiding in planttelersregtetoetse gebruik word. Die metode is gebaseer op die vasstelling van 'n ooreenstemmende orientasievektor, deur identifisering van twee landmerke vir elke figuur. Radiale vektore word 6f vanaf 'n gekonstrueerde middelpunt (konstruksieprosedure) 6f vanaf die sentroi:de (wiskundige prosedure) gemeet. Vir die konstruksieprosedure is minimumverskille tussen cultivars statisties bereken. Vir die wiskundige prosedure is 'n skerpheidsindeks geformuleer om te bepaal of elke gemiddelde profiel 'n karakteristieke vorm het en 'n standaard vir bepaling van minimumverskille is ontwikkel. Sover vasgestel kon word, is hierdie studie die eerste vrugvormvergelyking wat in fyn besonderhede kwantitatief uitgevoer is.

Description

Dissertation (MSc)--University of Pretoria, 1990.

Keywords

Plant figure, Blaarprofiele, aantal mangocultivars, UCTD

Sustainable Development Goals

Citation

Collections