Geloofsvorming in tradisioneel Afrikaans-christelike skole : 'n prakties-teologiese evaluering van die rol van onderwysers, Jeugwerkers en liturgiese elemente teenwoordig in die skoolkonteks

Loading...
Thumbnail Image

Date

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of Pretoria

Abstract

In hierdie studie word aandag gegee aan die invloed wat onderwysers, jeugwerkers en Liturgiese elemente teenwoordig in die skoolkonteks, op die geloofsvorming van kinders in Tradisioneel Afrikaans-Christelike skole uitoefen. Die kerk staan voor krisis wat vir jare reeds aan die kom is. Die kerk is nie meer die middelpunt van die samelewing nie en mense sien nie meer die kerk as noodsaaklike sosiale en geestelike bemiddelaar nie. Dit het tot gevolg dat al hoe minder mense kerk toe gaan met potensieël katastrofiese gevolge. Die kerk kan egter nie op sy louere rus nie, want ons het opdrag om die goeie nuus aan almal te verkondig om sodoende die Koninkryk van God te laat kom in mense se lewens en in die samelewing. Geloofsvorming vind tradisioneel plaas binne die veilige ruimte van die ouerhuis. Die realiteit is dat vele kinders nie meer geloofswaarhede by hul ouers leer nie en ook nie aan voorbeeldige Christelike lewenswyse blootgestel word nie. Om die leemte aan te spreek, behoort die kerk in vennootskap met die skool te staan om kinders bloot te stel aan konteks wat geloofvorming bevorder en fasiliteer. Die skoolkonteks bied geleentheid vir die kerk om kinders in hul vormingsjare te bereik, wat die beste tyd is om lewensveranderende lewenswater aan hulle te bring. Kinders het eksistensiële behoefte daaraan om blootstelling aan geloofsvormende stimuli te ontvang. Skoolkonteks, waarin voorbeeldige volwassenes en doeltreffende liturgiese elemente teenwoordig is, blyk van groot waarde te wees om die behoefte van kinders aan te spreek en die geleentheid vir kerk en samelewing te bied om noemenswaardige positiewe impak op die individu en die samelewing as geheel te voltrek.

Description

Dissertation (MTh)--University of Pretoria, 2013.

Keywords

Aanbidding, Afrikaans, Geloofsvorming, Groepsdruk, Groepsdinamika, Identiteitsvorming, Identiteit, Jeugwerker, Kind, Liturgie, Onderwyser, Ouer, Ritueel, Spiritualiteit, Skool, Tradisie, UCTD

Sustainable Development Goals

Citation

Van der Merwe, GJPJ 2013, Geloofsvorming in tradisioneel Afrikaans-christelike skole : 'n prakties-teologiese evaluering van die rol van onderwysers, Jeugwerkers en liturgiese elemente teenwoordig in die skoolkonteks, MTh dissertation, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/40362>