Company rules

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Delport, P.A. (Petrus Albertus)

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LexisNexis

Abstract

Die praktyk was dat organe van maatskappy ingelyf ingevolge die Maatskappywet 61 van 1973 die bevoegdheid gegee is om reëls te maak. Hierdie praktyk was ook van toepassing op maatskappye anders as artikel 21-maatskappye wat as huiseienaarsverenigings gefunksioneer het. Die rede vir sodanige bevoegdheidsverlening was gewoonlik dat sulke reëls makliker gewysig kon word as die destydse akte of statute van die maatskappy of as aandeelhouersooreenkoms. Die Maatskappywet 71 van 2008 (“2008 Maatskappywet”) maak nou in artikel 15 voorsiening vir die maak, wysiging of herroeping van sulke reëls, ook vir maatskappye anders as maatskappye sonder winsbejag, die opvolger van die artikel 21-maatskappy. Die direksie het nou die bevoegdheid om reëls te maak tensy dit uitgesluit word in die akte van oprigting. Hierdie reëls moet voldoen aan die vereistes van artikel 15(3) en 15(4), maar die direksie moet ook hulle vertrouenspligte, soos vervat in artikel 76(3) van 2008 Maatskappywet, nakom as sodanige reëls gemaak, gewysig of herroep word. Die reëls moet deur meerderheidsbesluit bekragtig word en die meerderheid moet hulle bevoegdheid op so wyse uitoefen dat dit aan die vereistes van die gemenereg en die 2008 Maatskappywet voldoen. Alhoewel reëls dus oënskynlik makliker gemaak, gewysig of herroep kan word, moet daar nou aan verskillende vereistes op verskillende vlakke in die maatskappy voldoen word vir die reëls om geldig te wees.

Description

Keywords

Company, Rules, Companies Act 61 of 1973, Maatskappy, Reels, Maatskappywet 61 van 1973

Sustainable Development Goals

Citation

Delport, PA 2017, 'Company rules', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 80, no. 4, pp. 657-666.