Onderliggende liggaamsbeelde van die metaforiese gebruik van die woord, יָד , in die Hebreeuse Bybel

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Van der Zwan, Pieter

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

Greek Orthodox Patriarchate

Abstract

Benewens verwysings na die menslike liggaamsdeel wat soms antropomorfies op die Godsbeeld geprojekteer word, is die woord, ידָ (hand), ook party keer ʼn metafoor in die Hebreeuse Bybel, en dan met ’n betekenis wat in ten minste een van ses moontlike betekeniskategorieë inpas: eufemisme vir die fallus, sykant van die liggaam, begrensdheid, onbegrensdheid, verdeling of kulturele voorwerpe waarvan die gedenkstene veral belangrik is. Soms oorvleuel hierdie kategorieë. Uit elkeen van hierdie metaforiese gebruike kan sekere afleidings gemaak word oor die destydse kollektiewe beeld van die menslike hand wat waarskynlik onbewustelik gebly het, maar tog deur metafore verraai word. Die metaforiese gebruik kan as ’n soort verplasing van die letterlike gebruik beskou word en die soeke na die onderliggende aspek van die hand wat by elkeen betrokke is, is dus eintlik ’n soort “terugvertaling” na die oorspronklike, letterlike betekenis maar gaan selfs verder deur die onbewuste beeld van hierdie liggaamsdeel na te speur.

Description

Hierdie artikel is deel van ʼn postdoktorale navorsingsprogram.

Keywords

Metafoor, Hebreeuse Bybel, Ligaamsbeelde, Hand, Sielkundig interpretasie, Metaphor, Hebrew Bible, Body Imagery

Sustainable Development Goals

Citation

Van der Zwan, P 2017, 'Onderliggende liggaamsbeelde van die metaforiese gebruik van die woord, יָד , in die Hebreeuse Bybel', Pharos Journal of Theology, vol. 98, pp. 1-13.