Third party joinder : a plea for reform
Loading...
Date
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LexisNexis
Abstract
Die derdepartyvoegingsprosedure vorm ’n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse
regstelsel en die hoofdoel daarvan is om ’n veelvuldigheid van aksies te vermy. Hierdie
artikel beoog om ’n kritiese analise van die toepassing en praktiese uitwerking van die
derdepartyvoegingsprosedure in die Suid-Afrikaanse reg te verskaf. Die bespreking fokus
eerstens op die historiese ontwikkeling van derdepartyvoeging in beide die Hoë en
Landdroshowe. Tweedens word die interaksie tussen derdepartyvoeging en die Wet op
Verdeling van Skadevergoeding kortliks bespreek. Derdens word sommige van die
voorstelle van die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie met betrekking tot die
Wet op Verdeling van Skadevergoeding en derdepartyvoeging ondersoek. Laastens word
sommige moontlike alternatiewe tot die huidige toepassing van derdepartyvoeging
oorweeg. Die gevolgtrekking is dat die huidige toepassing van die derdepartyvoegingsprosedure
nie altyd daarin slaag in sy hoofdoel om ’n veelvuldigheid van aksies te vermy
nie en derhalwe misluk om ’n spoedige en koste-effektiewe finalisering van ’n dispuut in
alle gevalle te bevorder. Daar word ook aangevoer dat die huidige toepassing van die
derdepartyvoegingsprosedure in sekere gevalle uiters onbillike gevolge mag meebring vir
’n geringe aanspreeklike verweerder waar ’n grootliks aanspreeklike mededader insolvent,
’n sogenaamde “man van strooi” is, of nie beskikbaar is nie. Daar word geargumenteer dat
die Wet op Verdeling van Skadevergoeding en die hofreëls gewysig behoort te word om
voorsiening te maak vir ’n prosedure ingevolge waarvan ’n derde party vis-à-vis die eiser
gevoeg word in ’n geding en dat die beginsel van aanspreeklikheid in solidum vervang
moet word met die beginsel van proporsionele aanspreeklikheid ten aansien van gesamentlike
mededaders.
Description
Keywords
Reform, Hervorming, Derdepartyvoeging, Third party joinder
Sustainable Development Goals
SDG-10: Reduced inequalities
SDG-16: Peace, justice and strong institutions
SDG-17: Partnerships for the goals
SDG-16: Peace, justice and strong institutions
SDG-17: Partnerships for the goals
Citation
Bekker, T 2017, 'Third party joinder : a plea for reform', Tydskrif Vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg / Journal of Contemporary Roman Dutch Law, vol. 80, no. 4, pp. 622-635.
