Privaatpraktyk in maatskaplike werk

dc.contributor.advisorVan Rooyen, I. J. J.
dc.contributor.postgraduateBotha, Laetitia
dc.date.accessioned2014-11-10T12:16:30Z
dc.date.available2014-11-10T12:16:30Z
dc.date.created1984-10-02
dc.date.issued1984en_US
dc.descriptionThesis (DPhil)--University of Pretoria, 1984.en_US
dc.description.abstractMaatskaplike Werk, as die uiting van n samelewing se bemoeienis met mense in nood, word vir baie dekades reeds deur welsynsinstansies beoefen. Welsynsinstansies is egter nie vir alle persone in nood aanvaarbaar nie, sodat diegene in die middel- en hoer inkomstegroepe nie juis by maatskaplikewerk-hulpverlening uitkom nie. In die VSA is dieselfde verskynsel gehanteer deur die instelling van maatskaplikewerk-privaatpraktyk, wat tans daar n omvangryke en gevestigde hulpverleningstruktuur is. Sedert 1970 het maatskaplike werkers in Suid-Afrika begin om privaatpraktyk te oorweeg en het selfs daarmee begin eksperimenteer. Dog, uiteenlopende standpunte, hetsy evolusionere of revolusionere beskouings, word daaroor gehandhaaf. Die doel van die ondersoeke is dus om te bepaal of privaatpraktyk in Maatskaplike Werk bestaansreg het, of dit beskikbaar en in privaatpraktyk bruikbaar is. Uit die bevindings kan n model vir die instelling en instandhouding van n lewenskragtige praktyk ontwikkel word. Die ondersoek het bestaan uit n literatuurstudie en n empiriese opname in ses stede van die land onder drie teikensisteme, naamlik maatskaplikewerkers (privaatpraktisyns) en nie-privaatpraktisyns) , kliente van welsynsorganisasies en privaatpraktyke en lede van vyf ander hulpprofessies. n Studiereis is na die VSA onderneem om privaatpraktyke te bestudeer en n vergelykingsbasis vir die Suid-Afrikaanse bevindings te kry. Resultate uit die ondersoek dui daarop dat privaatpraktyk, as hulpverleningstruktuur, n realiteit in die maatskaplikewerk- professie is wat nie genegeer kan word nie. Die bestaansreg daarvan is teoreties kwalifiseerbaar, terwyl die nodige sisteme bestaan om maatskaplikewerk-hulpverlening privaat en onafhanklik van welsynsinstansies aan te bied. Privaatpraktisyns verlang n infrastruktuur om hulle dienste beter te organiseer, terwyl 97,8% van die nie-privaat-praktisyns ten gunste van privaatpraktyk is, omdat dit n groter beroepskeuse bied en die professie se selfstandige optrede bevestig. Verbruikers van privaatpraktyk-dienste is oorwegend tevrede, maar as gevolg van beperkte fondse kan die meeste welsynsorganisasie-kliente nie privaatpraktyk-dienste benut nie. Lede van die ander hulpprofessies dra nie voldoende kennis van die maatskaplikewerk-hulpbron nie, maar is oor die algemeen positief daaroor, hoewel net 52,9% voorsien om dit te benut. Indien maatskaplike werkers die nodige opleiding ondergaan, konstruktief beplan, besigheidsbeginsels inkorporeer, die diens bekendstel en kwaliteitdienste lewer, is n lewenskragtige praktyk verseker.en_US
dc.description.availabilityUnrestricteden_US
dc.description.departmentSocial Work and Criminologyen_US
dc.description.librariangm2014en_US
dc.identifier.citationBotha, L 1984, Privaatpraktyk in maatskaplike werk, DPhil thesis, University of Pretoria, Pretoria, viewed yymmdd <http://hdl.handle.net/2263/42559>en_US
dc.identifier.otherD14/4/493/gmen_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/2263/42559
dc.language.isoAfrikaansen_US
dc.publisherUniversity of Pretoriaen_ZA
dc.rights© 1984 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.en_US
dc.subjectMaatskaplike Werken_US
dc.subjectWelsynsinstansiesen_US
dc.subjectMiddel- en hoër inkomstegroepeen_US
dc.subjectMaatskaplikewerk-privaatpraktyken_US
dc.subjectMaatskaplike werkers in Suid-Afrikaen_US
dc.subjectUCTDen_US
dc.titlePrivaatpraktyk in maatskaplike werken_US
dc.typeThesisen_US

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Botha_Privaatpraktyk_1984.pdf
Size:
34.01 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Thesis

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: